5 maande gelede
Soos perfeksie op wiele
NICE TO HAVE: Die nuwe Suzuki Swift Sport. Dear Lord, I want one.  ~ Albert Bakkes

PARTY van my lesers was werklik verbaas toe ek die (nuwe) Suzuki Swift Sport as nommer 1 op my Top Ten Hit List van 2019 gekies het.

Maar ek staan by my besluit. Kom ek vertel jou hoekom ...

Toe hulle die nuwe Sport aangekondig het, het ek kopgekrap.

Want hoe verbeter jy op die perfekte compact (1,6 l) hot hatch?

En as jy ’n turbo ingooi, gaan jy mos iets !@#$%%^.

Nou is die enjin ook verklein na ’n 1,4l-petrolenjin. En die syfers klink maar shitty: Net 103 kW krag en 230 Nm torque.

Maar hier’s die magic: Dié klein unit gekoppel aan die moerse turbo laat dit voel asof jou oogballe aan die agterkant van jou skedel vasslaan wanneer jy launch. Dis mos nie veronderstel om te gebeur nie.

Miskien het dit te doen daarmee dat die kar so lig soos ’n marshmallow weeg, dat dit net ’n rapsie onder 3,9 m lank, ’n rapsie wyer as 1,7 m en so 1,5 m hoog is.

Jy klim dus nie in die Sport nie, jy trek hom eerder aan soos jou favourite jacket. Jy is deel van die kar.

Belowe

Wat 80 km/h was, het altyd soos 180 km/h gevoel.

En tog voel hy nie klein binne nie. Ek kon after all agter myself sit.

BRAK: Die sit up ’n beg Sport wag soos ’n brakkie vir jou. Elke keer reg vir ’n draffie.

En die boot het ál my en Vrou se bagasie sonder ’n burp gesluk vir ons klein vakansie daar in Riebeek-Kasteel.

Ons het onsself belowe dié vakansie gaan ons nie oor karre (met ander woorde werk) praat nie.

Dit gaan tyd wees vir Triple S: Seks, Slaap, Suip (You see wat I did there?).

Maar ons het die wyn toe maar uiteindelik huis toe gebring, want so tussen die seks en slaap het ons enige verskoning gesoek om in die klein swart bliksem te klim en die mind-blowing paaie van die Swartland te gaan tem.

Die kar het ’n uitwerking op jou. Ek dink dis danksy die Sport dat die eerste twee S’e so ekstra-lekker gevoel het. Dit zip jou kop oop en gooi unicorn dust op jou brein.

Die kar se 16” low profiles kommunikeer heeltyd met jou via die leather-clad steering.

Daar is geen torque steer of turbo lag nie. Dis point-and-shoot driving.

Jy kan tot op die screen tussen die analogue speedo en rev counter sien hoeveel G’s jy pull (hours of fun).

Ook hoeveel overboost jy nou kry van daai tamaai turbo af.

Magic

En om dit optimaal te kry, moet jy die sewe soorte !@#$%^ uit die rev-happy enjin ry. Dít via sy snickety-snick- manual sesspoedboks (en ja, hy maak regtig so ’n snickety-snick-geluid).

BLAF: Daai enjin praat met jou deur die twin pipes.

Jy kan ook jou acceleration en braking figures sien. En siende daar geen magic Sport button is nie, hang al die magic van jou af om die beste batshit figures te kry.

En dankie !@#$%^ tog daar is leer op die bucket seats om nie jou ballas te brand in die warm Swartland nie.

Ek sê altyd dié tipe karretjies is sit up and beg-brakkies. En die nuwe Sport is erger as my swart worshond, Seentjie.

As ek R315 000 gehad het, het ek gister een gekoop.

  • Albert se Rev Counter: ’n perfekte 10 uit 10. Wanneer ek my pension kry, koop ek nie ’n Porsche of GT-R nie. Ek koop die Sport. Want die eerste twee S’e hou my jonk ...
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters