2 maande gelede
KYK: Nuwe Suzuki’s doenit duidelik

HOLY !@#$%^, het ek dié week fun gehad met karre van een van my mees favourite brands!!!

En dit nogal op van my favourite speelplekke, gravel, en ’n racetrack.

Ontmoet die brand-new Suzuki Vitara Turbo.

Ek begin met hom, want die six-speed manual is die eerste een wat ons ontmoet en bestuur het, by die Suzuki Boosterjet launch.

Onthou, dis die eerste keer dat Suzuki ’n turbo in enige van sy goeie produkte geprop het, sover ek weet.

En toe ontmoet ons sommer twee. Maar terug by die Vitara. Ek het nog altyd ’n sagte plekkie vir die Vitara gehad, want sedert hy meer as 30 jaar gelede bekend gestel is, het hy nog altyd impress.

Die oorspronklike Vitara het in latere gens steeds daai legendariese off-road capabilities gehad (en het later ook die Grand Vitara geword).

Hy kon ook op plekke gaan waar maar min duurder en groter off-roaders kon gaan. Die Grand Vitara is nie meer nie, maar daar is planne om die legend terug te bring.

Tans sit ons met net die front-wheel drive een. Maar dis baie special.

Want in dié een is daar nie die 1.6 liter naturally aspirated enjin nie, maar eerder die 1.4 liter Boosterjet-enjin, good to go vir 103 kW krag en 220 Nm torque.

En op die teer was die enjin uiters responsive tesame met die supersmooth en snappy sesspoed box.

Maar soos ek op die voorblad gesê het, dit was op die gravel stretch waar my oë begin uitpeul het.

Want ’n front-wheel drive cross­over is glad nie veronderstel om so te hanteer op sand, los klippe en glibberige grav­el nie. Dit moes eintlik in ’n groot !@#$%^ geëindig het, maar die Vitara was só sure-footed en die suspension setup het alle ruffles en bumps opgeslurp. Onverstoorbaar.

Maar by Red Star Raceway het ons die eintlike star van die show ontmoet (en gejaag). En !@#$%^, wat ’n blast was die splinternuwe third gen Swift Sport nie!

Van die ground af op nuut, met die 1.4 liter Boosterjet-enjin. Good to go vir 103 kW krag (beskikbaar teen 5 500 kW krag) en 230 Nm torque (beskikbaar tussen 2 500 en 3 500 revs).

Dit klink in teorie maar k*kkerig, maar jy moet onthou, dit maak vir ’n lively torque band en rev range for days.

Ter illustrasie: Die instructors vir die track event het ons aangeraai om so vinnig moontlik tot by vierde rat te kom en dit net in daai rat te hou. Sien, die torque band is só sorted, dat selfs as jy afslack, of die kar balls to the wall druk op die straight, dit fine is.

En ná ’n lang gesukkel met my wat alles probeer met daai snappy sixspeed (hulle het die happy box se throws selfs korter en snappier gemaak), het ek tot my verstomming besef die instructors praat beslis nie k*k nie.

En die suspension setup is óók so sorted, want die stance is nou wider en die kar ietwat langer.

En natuurlik het die happiness handling ook iets te doen met die feit dat die kar se gewig nou net 960 kg is.

Good looooooord!, maar ek het baie lank laas soveel fun gehad met ál my klere aan in ’n kar. Dit was só addictive dat ons die instructors gesmeek het vir nóg hot laps.

En toe was dit tyd vir die Gymkhana event – in die sesspoed auto-weergawe.

En ek, wat ’n absolute !@#$%^ het met autos in klein karretjies, my oge het wéér uitgepeul.

Want met die time trials op die skidpan tussen die cones deur het daar so ’n Damaskus-oomblik gekom.

Wil jy vinniger om die centre cone kom vir ’n beter tyd? Hook net daai steering wheel mounted paddle shifter in first in.

Verlief

Holy !@#$%^! Ek weet nie wat die slim Japanners gedoen het nie, maar dit werk. En ek praat nie eens van die racing seats, die red high­lighted rev counter en digital red highlighted booster indicator nie.

Ek dink ek is van vooraf verlief.

Hierdie is ’n super relative leap in die regte rigting.

Next level !@#$%^!

Twee van die bestes van die jaar? !@#$%^, ja!

  • Albert se Rev Counter: ’n Uitpeuloog 9 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters