Verlede maand
KYK: Peugeot weer reg vir brul

HIERDIE is nie die usual Rev Counter nie.

Eerder ’n storie oor ’n total onslaught. Oorlog, met ander woorde. In Frans “guerre”.

Want ’n Franse leeu het nou guerre verklaar op die plaaslike mark.

Peugeot noem dit “Back in the Race”, hul regrouping en relaunching plaaslik. Sy doel: om oor die volgende paar jaar market share van minstens 2,5% te kry.

Grootste

En hy het in die laaste paar maande omtrent ’n geskroeide aarde policy gevolg.

Dosyne dealerships landwyd wat nie perform het nie, is eenvoudig toegemaak. Mense is geretrain, nuwe marketing strategies is uitgewerk en dealerships en call centres is oorgedoen, om net ’n paar goed te noem.

Die 308 hatch is gepos.

En nou is die line-up die 108 en 208 (albei hatch) en die 2008, 3008 en flagship 5008.

Laasgenoemde drie is SUV’s – die grootste groeiende mark op eie bodem.

En nou kom dit by die eintlike storie – die splinternuwe 108 micro hatch en die flagship 5008 wat ons by die “oorlogsverklaring” ontmoet het.

Die 108 het ’n 1 lthree-pot petrol unit onder sy piepklein bonnet, good to go vir 53 kW en 93 Nm.

Met die eerste oogopslag het ek nie ooghare vir die ding gehad nie, want sy het maar taamlik blikkerig gelyk.

Toe hoor ek egter van ses airbags as standaard, asook van die alphabet soup van ESC, ABS en EBFD. Dan is daar hill hold assist, brake assist en LED daytime running lights. En wat van daai 7 inch touch screen vir connectivity en infotainment. En ’n mirror function vir jou slimfoon. Alles stock standard in die 108 Active.

En skielik begin ek planne maak om volgende jaar vir my dogter een te source, want teen R180 000 is dit ’n bargain. Ook gesien in die lig van daai vyf jaar/100 000 km warranty met diensplan. Dié is ook standaard vir alle modelle.

As jy dié klein pug hard ry, voel sy regtig soos my sit-up-and-beg-brakkie. Elke keer reg vir nóg ’n draffie.

En toe tref dit my hoekom sy so lekker ry. Sy en die lekker ou Toyota Aygo-brakkie deel ’n onderstel. Ougat.

Maar die ster van die show was natuurlik daai nuwe 5008.

Daar is die 1,6 l-petrol en ’n 2 l-turbodiesel – albei in die meer bekostigbare Allure en top shelf GT line.

Die petrolenjin lewer 121 kW en 240 Nm torque en die diesel 110 kW en ’n enorme 370 Nm.

En toe vat ons daai diesel, want dis mos die een om te hê.

Dit was ongelukkig die verkeerde model, want nadat die existing stock uitverkoop is, kom daar geen meer diesels in die land in nie. Die Franse leeu like blykbaar niks van ons filthy fuel nie.

Anyway, daar is sewe seats almal oorgetrek met leer.

Jy kan die dicky seats letterlik in sekondes uithaal, en die twee agterste rye kan werklik heeltemal platslaan, sodat jy 2,something meter lange goed met gemak kan inpak.

Maar dis die kajuit wat my verstom het.

Jy kry wat hulle noem ’n piano keyboard setup op die dash onder die connectivity/sat nav/infotainment combo screen.

Hier kan jy enige iets van die kar se mood lighting, digital screen vir die driver en selfs hoe jou kar binne ruik (yep, die Franse gee jou perfume in ’n buisie vir jou kar) verstel.

Ek kan ’n boek skryf oor die verstommende tech en safety features (dink lane change assist, bindekolwaarskuwing, bird’s eye look down virtual sight en rear view camera).

Verwag

En dan wikkel jy jou voet onder die rear diffuser en die boot maak vir jou oop.

En daai klein stuurwieletjie met sy static shifters lyk dalk counter-intuitive. Maar trust my. Die kar bestuur soos ’n go-cart met micro inputs. Dis iets wat ek glad nie verwag het nie.

Gaan die Franse dié guerre wen gegewe hulle track record in die oorloë in die laaste paar eeue?

Net die tyd sal leer. Maar met sulke produkte, en al die (very) nice to haves wat belowe word, dink ek hulle kan wel ’n dent maak voordat hulle ’n le dejeuner (lunch) vat ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters