7 dae gelede
Mazda 2 is 'n jol om te bestuur
 ~ 

KOM ek begin eers met so bietjie van ’n geskiedenisles.

Toe Mazda en Ford jare terug saam in die kooi geklim het, was dit nie altyd maanskyn, rose en katelwalsies nie.

Veral nie vir Mazda nie. Dié arme stiefsuster het maar altyd aan die agterspeen gesuig? as die mindere, leliker een. En daardeur het die brand maar baie gesuffer, al het hy legendariese goed gebou soos daai interessante high revving rotary enjins.

Mazda het ook ’n racing pedigree gehad.

Maar die verkope het van die stiefsuster vibe gespreek.

Toe kom die di­vorce so ’n paar jaar gelede. En soos met baie divorces, het Mazda daarna weer sy mojo gevind.

Heeltemal. Dink maar aan die klein MX-5 Miata two-seater racertjie. Of daai beautiful CX-5 crossdresser.

Die filosofie agter Mazda se ontwerp is jinba ittai – die perd en ruiter as eenheid.

En sedert hy sy nuwe Sky­activ tech begin gebruik het (nuwe platforms en nuwe toleransies in nuwe enjins) het hy nog nie ’n voet verkeerd gesit nie.

So, ontmoet die Mazda2 Individual Plus Auto.

Keuse

Eerstens, sommige mense gaan nie van die waterige fonteinpadda-ogies hou nie.

Die Individual Plus lyk overall nie so breathtakingly beautiful soos van die ander in die brand se line-up nie.

Maar daai goedjies is maar ’n individual keuse.

Jy kry ’n 1,5F-petrolenjin, good to go vir 82?kW en met 145 Nm torque. Dit gee jou ’n dash time van skuins oor 10 sekondes en ’n top end van 184?km/h. Heel respectable vir die oorvol segment waarin dié outjie speel.

Maar dis hóé hy dit in die real world gee wat een moerse verskil maak en hom kop en skouers bo so baie ander laat uitstaan.

Klein karretjies kan ongelooflik saai wees om te bestuur. Dit voel soos werk, nie plesier nie.

Maar die Mazda2 is vet pret. Miskien het dit te doen met daai peppy rev-happy 4-pot enjin.

Of dalk is dit die meaty steering setup?

Of is dit miskien omdat daar wragtig ’n Sport setting is? Dan kan jy soos ’n opregte pedigree boy racer met die paddle shifters speel. (Ja, jy lees reg! Hulle is op die stuurwiel gemonteer.) En die sesspoed auto box, iets wat ek gewoonlik heeltemal verpes, veral in klein karretjies, is in dié geval ook nie stupid en lomp nie.

Ek dink dis ’n kombinasie van ál die bogenoemde faktore wat hom so ’n jol maak om te bestuur.

Dis ’n kar wat perfek in die “sit up and beg” kategorie val. ’n Karretjie wat, nes my worshond, net heeltyd vir ’n draffie wil gaan deur opgewonde voor die deur te sit en wag vir jou.

En dan is daar die epic lys van nice-to-haves?... Die satnav/connectivity/infotainment combo met sy eie screen? Check.

’n Heads-up display voor die bestuurder soos ’n fighter pilot? Check.

Regte leer oral? Check.

Bling rims? Check.

Starter button en keyless entry? Check.

Keyless walkaway lockdown-funksie? Check.

Build quality wat met die beste in Europa meeding? Check.

’n Logiese minimalist design language binne-in die cabin? Check.

’n Ordentlike boot size van 280l? Check.

Wat van airbags vir die eerste span en ’n hele alfabetsop van safety features wat hom ’n NCAP 5-star rating gee? Check.

Hierdie ruiter was dié week dus regtig in harmonie met sy perd, askies, brakkie.

Jinba ittai? Inderdaad.

Beste in sy klas? Wel, hy is right up there.

 Albert se Rev Counter: ’n Sommer baie rev-happy 9 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters