2 maande gelede
Hallo, mooi ding!
renault
LEGEND: Hier's 'n legende, 'n racing Renault.  ~ Albert Bakkes

DIÉ tyd van die jaar is my gemoed in my skoene, my siel swart en my balls sleep op die grond.

Daarom was dit so lekker om my broer onlangs saam te sleep na ons heiligdom, genaamd Killarney, om die jaar met ’n propperse big bang af te sluit. Want toe was dit tyd vir die annual Killarney Motor Show.

Hoe klink meer as 1 000 voertuie vir jou? Van ’n 1902- Benz Velo tot racing trucks – en alles in-between!

En kan ek jou sê, die event was so goed aanmekaar gesit dat dit geensins hoef terug te staan vir enige iets wat die Gauties daar by Kyalami in die Noorde aanbied nie.

En ons Capies stem saam, want duisende besoekers het kom kyk.

Maar laat die prentjies maar eerder die hele storie vertel. As ek julle nie voor die Nuwejaar sien nie, laat dit geseënd, en bo alles, veilig vir julle wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters