3 maande gelede
KYK: Welkom, Mazda3!

KYK, ek het mos maar nog altyd so ’n sagte plekkie vir Mazda gehad. Selfs nie eens daai “Zoom-Zoom” credo wat so stupid klink, kon my afskrik nie. Want ek het altyd ’n sagte plek vir die underdog. En toe hulle in die bed was met Ford, was hulle regtig die Aspoestertjie in die verhaal.

Maar nou nie meer nie. Want kyk na die splinternuwe, from the ground up, asemrowend mooi Mazda3!

Ons het op launch daar by die Cradle of Mankind die 1.5 liter- sowel as die 2 liter- naturally aspirated petrolenjins in die oogwaterende beautiful hatch én die sedan gery. Ons het ook die sesspoed auto en manual boxes onder hande gehad.

Passies

En waar ek die sesde gen verskriklik geniet het en so ’n paar jaar terug behoorlik daaroor gerave het, vat die all new seventh gen dinge sommer na ’n absolute next level.

Eers die stats: Die 1.5 liter is good to go vir 88 kW krag en 153 Nm torque. Hy het so ’n bietjie gesukkel daar in die noorde (naturally aspirated, onthou), maar hier sal hy heeltemal fine vaar, dankie.

En die 2 liter is good to go vir 121 kW krag en 213 Nm torque­,­ wat regtig deur die passies kon gaan op die Hoëveld.

Albei enjins kan gevind word in die hatch en die sedan.

Maar sover ons kon uitvind, sal jy die super short manual shifter net met die 1.5 liter-enjin vind. En dis jammer, want dammit, die box is so goed in en uit die gates dat dit perfek is vir daai 2 liter.

Mazda gaan jou ’n paar derivatives gee: Daar is die entry packages in die vorm van die Active-weergawe (1.5 liter) in die manual sowel as die auto. Dan is daar die Dynamic edition, wat ook albei boxes en albei enjins sal hê. En dan is daar die Individual top of the line met albei weer­gawes. Net die top dog, die Astina, sal met net ’n auto en die groter enjin uitkom.

Maar hoe ry hy?

Die hatch met die kleiner enjin het ’n absolute flat ride gehad en was taamlik ferm.

Ek het dit ge­like, want dit was sporty (natuurlik met die Sport function acti­vated), maar my kidneys het nie naderhand by my ore uitgeloop nie. Miskien het dit te doen met die heel nuwe redesigned seats wat konsentreer om jou pelvis te ondersteun sodat jy nie naderhand curvature of the spine ontwikkel nie.

Die sedan (natuurlik swaarder) het meer soos ’n kar vir grown-ups gevoel. Met een van die grootste boots wat ek nóg in die klas gesien het. Jou luggage kan wegraak daarin. Dit moet minstens ver meer as 400 liter kan sluk.

En die cabin? Good loooooooooord!!! Dis mooi en functional en unclut­tered, met soft touch materials orals.

Ek wil nou amper nie eens skryf oor ál die tech nie, want ek sal die hele koerant kan volskryf.

Safe to say het jy natuurlik die 8,8-inch infotainment/connectivity/satnav car setup combo. Dit met Mazda Connect tech, ’n digital dial en screen setup voor die bestuurder. Dié sal settings met die druk van ’n knoppie kan verander.

Knoppies op die meaty en dik leather clad stuurwiel vir goed soos cruise control en die radio. En in sekere modelle kry jy ’n Bose sound system met 12 speak­ers. En natuurlik leer orals. My co-pilot het gesê hy voel uit sekere angles hy sit in ’n Lexus, wat natuurlik ’n premium lux brand is.

En dis die hele punt, volgens Mazda. Hy het sy mid range offer gevat en nou shoot hy vir die stars, all guns blazing, want hy wil dié spesifieke Mazda vat en dit as ’n premium lux brand verkoop.

Hulle brag sommer dat hulle dit spesifiek slap bang tussen die VW Golf (die gold standard in die hatch-segment) en die Audi A3 wil position.

Die overall package is damn goed en propvol tech (SKYACTIV) en safety features (wat die kar ’n Euro NCAP safety rating van oor die 90% gee) en het ’n outstanding en beautiful design language en build quality.

Mazda staan ’n kans om dit wragtag reg te kry, if they play their cards right.

’n Potensiële jakkals in die premium hoenderhok?

En terloops, hulle gaan binnekort afstand doen van die Zoom-Zoom stupidity, want dit pas nie by ’n premium lux brand nie.

  • Albert se Rev Counter: ’n At first glance outstanding 8½ uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters