13 dae gelede
Bland? Watse bland?

DIS ’n groot stap dié vir Hyundai.

So vat Hyundai die Duitsers en Japanners direk aan. En hy’s glad nie skaam om dit hardop te sê op ’n launch nie.

Die mission statement (weereens hardop) is om die VW Golf R op te @#$%. Asook die Merc A45 AMG en sommer ook die Honda Civic Type R.

“Met wat?” vra jy, want as jy aan Hyundai dink, dink jy nie aan all-out performance en batshit craziness nie, maar eerder aan value for money en reliability en, wel, ietwat blandness.

Maar soos ek al in die verlede gesê het, as jy kyk na hulle produkte soos die Santa Fe, die Venue (k*k naam, maar dit hét my Top Ten Hit List van 2019 gehaal) en die hilarious Tucson (silent) N Sport (beide turbo diesel en petrol), dan weet jy die brand is lankal nie meer die bland, blikkerige sh*t boxes van ouds nie.

So, without further ado, ontmoet die (not silent) i30 N – Hyundai se loud weapon teen enige ander hot hatch.

And holy @#$%, wat ’n wapen is dit nie!?

Ek dink die performance figures van die direct Duitse rivals sal seker vinniger en hoër wees, maar die organic feel wat die N vir jou gee op die track sowel as in die real world van bergpasse en day-to-day traffic, skop stof in competitors se oë.

Gooi

Nie dat die N se figures bad is nie.

Daar is 202 kW krag en 353 Nm torque onder die baie angry bonnet van die 2Fpetrol unit.

Maar wanneer jy daardie click­ety-click, snappy sesspoed manual in derde gooi met die N Sport func­tion aangeskakel en jy hou die loud pedal in (soos ek anderkant die Dutoitskloofpas gedoen het), skop die overboost function van die tamaai turbo vir 18 sekondes in – wat jou dan ’n oogwaterende 378 Nm torque gee.

SNAP, CRACKLE EN POP: Wanneer jy in ’n N Sport is, kan jy masjiengeweervuur uit jou tail pipes kry.

Dan vat jy drie trokke in gelid aan in die twisties. No problem.

In die regte wêreld klink ’n dash time van 6,1 sekondes nie te hot nie.

Maar sit die kar in die twisties met sy limited slip diff, wat konstant werk om wheel scrabble uit te sny en die massiewe calliper brakes te help werk, en jy sit met ’n ware hot hatch.

But wait! There’s more! Want dis nie ’n one-trick pony wat jou tandstopsels laat uitval nie.

Daar’s ’n Eco, Comfort en Sport vir everyday driving. En dan die N Sport setting vir track work.

Alles word harder en die dropped suspension trek die kar nog nader aan die teer.

Dit maak vir een van die flatste rides.

Binne het jy bucket seats, ’n connectivity/infotainment combo (met ’n mirror function), ’n shifter met ’n brushed steel ball, brushed steel trim, en analogue dials met ’n digital display yaw meter (saam met ’n G-meter­).

Maar dít alles maak nie saak as die ding jou oë nie kan laat water nie.

Hoor

En my @#$%^&! Saam met my co-pilot in die twisties het dit meer as net my oë laat water, as jy verstaan wat ek bedoel.

Jy hoor die alarm bells van ál die nanny buttons afgaan, maar soos die rotswand nader kom, beur jy voort en die kar bly super-stabiel terwyl die reusagtige 19 duim-Pirelli’s hier en daar ’n chirp gee.

KLOU: Die N staan op 19” Pirelli’s vir ongelooflike grip.

Verstommend hoe so ’n perceived bland, value-for-money company jou nou ’n day-to-day, liveable, prac­tical hatch bied ... Met ’n serial-killer-systappie.

Met ander woorde: Waar ander market-leader hot hatches so “perfek” geraak het dat hulle sielloos is, bied die N die game weer ’n bietjie James Brown.

Dis die hoogste lof wat ek dit kan bied.

As Volkswagen, Mercedes en Honda nou nog nie wakker geskrik het nie, moet hulle.

En jy ook ...

  • Albert se Rev Count­er: ’n Nürburgring-eater 9 uit 10.

Asseblief, as jy in die mark is vir ’n ware hot hatch, oorweeg die Hyundai.

Met ’n kar soos dié sal jy nie net nóg ’n gesig in die crowd wees nie.

En jy gaan die ander hot hatches bang maak ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters