15 dae gelede
Só kan jy self gat skuur
CHECK: Die vordering wat jy as leerlingbestuurder maak, hang af van hoeveel selfvertroue jy het.  ~ expatica.com

ONLANGS het ek aan ouers verduidelik wat hulle moet doen om hulle kids te leer bestuur.

Maar wat moet jy as ’n laitie self doen om daai liksens te kry?

Datsun het tot my redding gekom, want hulle het twee girls, Mpumi Nkosi en haar buddie Phindile Xaba, deur die proses gehelp.

Mpumi, wat betrokke was by die launch van die Datsun Go, ry meestal taxi tussen Soweto, waar sy woon, en haar werk in Sandton.

Stap

Phindile doen dit ook so tussen haar werk in Joburg en Unisa in Pretoria.

Datsun wou die prentjie vir hulle verbeter.

Die eerste stap is om jou learner’s licence te kry. So, kry daai K53 manual en swot maar vir die toets. (Vat so ’n week daarvoor, maar gee jouself eerder twee weke.)

Wanneer jy voel jy is gereed vir die toets, maak dan ’n afspraak daarvoor by jou naaste verkeersdepartement. (Jy kan die afspraak online doen.)

As deel van die proses moet jou oë ook getoets word. As ’n oogarts dit vir jou doen, skip jy dié proses by die traffic department.

Op die dag dat jy jou learner’s moet skryf, kan jy so ’n halfuur voor die tyd aankom, net om die nerves te laat bedaar.

Nadat jy jou learner’s geslaag het, moet jy vir driving lessons gaan. (Soek online vir ’n instrukteur en vra hom of haar vir ’n pakket wat jou sal pas.)

Jou eerste les is die belangrikste, want dan word die layout en controls van die voertuig aan jou uitgewys.

Next up word jy en die oop pad aan mekaar bekend gestel. Dít kan tot 20 uur duur (aan en af, natuurlik), maar dit hang alles af van jou selfvertroue en vordering.

Wanneer jy genoeg selfvertroue het, kan jy ’n afspraak maak vir jou driver’s licence.

Daarvoor moet jou oë weer ’n keer getoets word. So, volg maar weer die oogarts-roete.

Eet maar iets voordat jy getoets word sodat jou suikervlakke nie in hulle moer in val nie.

’n Tip van my af: Spaar so ’n paar maande voor dié hele proses, want dit kan ’n aardige bedraggie kos. (En ek praat nie van omkoopgeld vir die spietkop nie ...)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters