5 maande gelede
RevAfrica wink
hectic: Monster stunts sal by RevAfrica in Oos-Londen gesien kan word. FOTO’S verskaf  ~ 

AS ’N MENS Son Kardinge lees, sou jy sweer niks gebeur ooit hier nie.

Maar petrolkoppe in die Oos-Kaap hoef darem nie heeltemal droëbek te sit nie.

Want die tickets vir die land se grootste music en bike festival, RevAfrica, is nou beskikbaar.

Die helse bash kom na die Oos-Londense beachfront en die BCM-krieketveld van 25 tot 28 April.

Onthou, die tickets is witwarm en verkoop vinnig uit. Dis hoekom ek julle ’n vroeë heads-up gee.

Duisende mense word verwag vir die vierdaagse festival, wat natuurlik die beste musiek en alles bike bymekaar sal bring.

Daar is live demo’s, stunt shows, BMX en skateboard displays, asook die land se beste bands.

Dis nou bands soos Goodluck, Mi Casa, Freshlyground, Mango Groove, Holley Rey, Silver Creek, Warongx, Dr Victor, Femi Koya, Nhoza, Undertone en Bongeziwe Mabandla.

Verrigtinge duur elke dag van 10:00 tot laat. Tickets kan by Computicket gekoop word. Vir ’n week­end pass sal dit ’n volwassene R250 kos en vir ’n kid R100. Maar as jy net vir die dag kom, betaal volwassenes R100 en kiddies R50.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters