16 dae gelede
Rev-happy bliksem
GAME CHANGER: Die updated Datsun Go is nie meer ’n blikkerige entry level ding vir die massas nie.Foto’s: ALBERT BAKKES  ~ 

TOE die Datsun Go doer in 2014 hier ge­relaunch is, het die mouth breathers, ook genaamd motoring journos, omtrent die ding in sy moer geskryf.

Die meeste van hulle wou (in daai stadium) die goedkoopste karretjie in die land nie met ’n tienvoet-paal aanraak nie.

Geen ABS, geen air bags en 13”-wieletjies?

Ek was een van die min bliksems wat die ding gesien het vir wat dit was. ’n Entry level nuwe kar wat die meeste mense kan bekostig. En hoeveel ander third-hand skedonke op die pad ry in elk geval sonder ABS en airbags, het ek gevra.

Nou het die updated Datsun Go (en Go+) geland. En hel, dis ’n ander kar.

Ja, daar is die three-pot 1,2 F naturally aspirated petrolenjin onder die bonnet, good to go vir 50 kW krag en 104 Nm torque. En natuurlik die erkenbare design lan­guage wat dit as ’n Datsun kenmerk.

REGTIG? LED daytime running­ lights? Check.
kies jou kleur: Funky kleure? Check.
GAME CHANGER: Die updated Datsun Go is nie meer ’n blikkerige entry level ding vir die massas nie.Foto’s: ALBERT BAKKES
gevoel: Die three-pot- 1,2 F-enjin praat lekker uit die tailpipe.
TECH: ’n Infotainment-connectivity combo met sy eie touch screen? Check.
SAFETY EERSTE: Dual air bags en ABS? Check.
SLAAG: Spasie agter? Check
SLUKKRAG: ’n Working boot? Check.
VEILIG: Follow me home headlights? Check.
BLING: En 14” diamond cut-wiele? Check.

Maar dis omtrent al.

Check buite en sien die revised grill. Maar wat van LED daytime running lights in die top-spec Lux? Check.

Biep hy vir jou as jy die vyfspoed- manual box in reverse gooi? Check. Maar biep hy ook vir jou as jy reverse en naby ’n obstacle kom, want hy het ’n reverse warning sensor function? Check.

Ongehoord

Nuwe diamond cut 14” bling rims? Check. Follow me home headlights wat jou kans gee om in die donker uit te klim en wie se timer jy kan stel om tot 60 sekondes aan te bly sodat jy jou voordeursleutel kan vind? Check.

Elektriese vensters voor en agter? Check. Terloops, in dié segment is dit ongehoord.

Twee proper seats voor (met die love seat weg) en ’n handbrake op die tradisionele plek tussen die seats? Check.

’n Infotainment-connectivity combo met sy eie touch screen met Android Auto, Apple Car Play, Google Maps, app support en voice recognition? Check.

Nuwe safety features waaroor almal en sy maatjie so gebitch het? Check die dual air bags voor en ABS. Thanks.

Power steering (die turning circle het net ’n 4,6 meter radius)? Check.

Hoe ry die nuwe Datsun Go gegewe sy teoretiese pathetic syfers op papier? Wel, gegewe die natuur van ’n three-pot setup is die ding ’n rev-happy bliksem. Jy kan hom redline en selfs wheelspin as jy wil.

Verstout

Die nuwe Datsun Go is nie meer ’n cheap ’n dreary entry level blikkerige ding vir die massas nie. Dis nou ’n aspirational kar.

Ek verstout my om te sê dis miskien een van die best buys van 2018 in ál die segmente (lees My Seepkiskar voor oor my horrible experience met ’n baie, baie, baie duurder, meer prestigious brand).

Hy’s definitief klaskaptein van die A-segment waarin hy fight. Ek meen Die Go Mid gaan jou net R144 500 kos, en die Lux R165 500 met ál die specs wat ek hier bo genoem het as standaard. Geen ander kar in die segment bied jou dit nie.

In kort is die Go nou ’n game changer.

PS: En hulle vertel my daar is soveel planne om volgende jaar selfs nog meer bang vir jou buck te gee.

  • Albert se Rev Counter: ’n oogrekkende 8½ uit 10.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters