3 maande gelede
Reën in die feestyd? ‘bad’!
SNAFU: Paniek, pandemonium en prangs is normaal in Kaapse verkeer wanneer ’n paar druppels reën uitsak.  ~ 

SO RY ek Maandag werk toe in die reën.

En toe vat dit my meer as twee uur om daai byna 20 km af te lê.

Want natuurlik verloor die average Capie ál sy sh*t wanneer twee druppeltjies op die windscreen val.

En so in die slakkepas-verkeer sien ek toe weer twee fender benders en twee karre wat opgegee het.

Een van my kollegas vra: “Hoe maak ’n mens van ’n Capie ’n selfs k*kker bestuurder as wat hy is?” Ek: “Hoe?” Kollega: “Just add water.”

Maar toe onthou ek so in die reën: Dis mos business as usual.

In sulke verkeer is ek soos daai kreef in die pot water op die stoof: Al gewoond daaraan dat dit stadigaan warmer word.

SNAFU is army-sleng en staan vir “situation normal; all f*ck*d up”.

En dít som die Kaapse verkeer perfek op, veral wanneer dit reën.

En Dinsdag op pad huis toe ry ek per ongeluk twee jong tarentale dood naby my huis.

Toe Hy hulle geskep het, het die Skepper sekerlik gedink: “Hoe klein moontlik kan ek hulle brains maak?”

Want hulle is sekerlik die domste f*kk*rs wat lewe: Eers hol hulle oor die pad; dan terug om in die middel van die pad te staan; dan hol hulle anderkant toe; dan staan hulle in die middel van die pad ... En dan hol hulle onder jou wiele in.

En ek kon die twee karkassies nie eens huis toe vat vir die pot nie, want tarentale is mos vol wurms dié tyd van die jaar. So, nie net brainless nie, maar ook useless.

En toe Woensdag reën dit weer in die spits­verkeer, maar dié keer het dit my net 90 minute gevat kantoor toe.

Soos ek gesê het: SNAFU; kreef in die water. (All puns intended.)

Maar toe slaan dit my soos ’n weerligstraal: As ek nou in SNAFU mode is, is die stad goed op pad na FUBAR mode: “f*ck*d up beyond all recognition”.

Want volgens sekere jolly mense is dit mos amper die Silly Season. Ék noem dit sommer die Shitty Season.

Ek weet Krismis is vir sekere diep gelowige mense soos my ma baie belangrik, want vir hulle gaan dit oor die eintlike betekenis daarvan.

Vir die massas is dit net ’n verskoning om die collective “idiot”-knoppie te druk. Veral in hulle karre.

Hulle is soos daai tarentale: Hiernatoe; daarnatoe; staande... Naderhand het ’n mens nie ’n f*kk*n clue wat die dom wetters wil doen nie.

Pasop

En dit begin nóú al kop uitsteek. En die skole het nog nie eens gesluit nie.

En dan, so van die 15de af, kom die drool­ing masses na die Kaap – die “kýda’s” (“kýk daar”) van die Vrystaat en “soppiekoppies” (“pasop die koppie” aan die kind wat pa op sy skouers dra) van Gauteng, om net twee groepe te noem.

En trust my, hulle kan bestuur, maar ook net totdat hulle te doen kry met die local style. Voeg daarby die berg, and all hell breaks loose.

Want dan kan die kýda’s en soppiekoppies nie verstaan wat de hel aangaan nie, en hulle haal ál hulle tricks uit wat daar in die Noorde werk om (metafories) voor in die tou te kom. Wat hier natuurlik glad nie werk nie, want die verkeer beweeg nie.

En dan is alles net ’n groter f*k-op en jou briljante Renault Megane RS hot hatch is so vinnig soos die stadigste Tazz.

Ek het klaar my vlug vir die 21ste na Lanseria buite Pretoria geboek.

Want dan is niemand meer by die huis daar nie. Want hulle is in die Kaap en die Baai.

En ek, Vrou en my Great Dane, Luke, het dan die stad vir onsself ... Vrede op aarde, inderdaad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters