16 dae gelede
Power series in 4de ronde
hectic: Die groot kanonne spook sake uit op Killarney.  ~ 

IS JY reg vir ’n propperse free for all?

Ek praat mos nou natuurlik (weer) van die k*k wat sal spat en hare wat sal waai môre by ons petrolkop-heiligdom, die Killarney International Raceway.

Want dis mos nou ronde 4 van die Power Series daar.

En soos my pel Dave Abrahams sê, dis ’n bumper-program (die pun is bedoel).

In daai anything goes-kategorie is ’n volle grid van 57 karre in ses klasse.

Eerste is Class A, met groot kanonne soos Clint Rennard, Danie van Niekerk en Michael le Sueur.

Maar wag ook vir ’n moerse shootout in Class B, want met ál die deelnemers daarin het elke racer mos ’n challenger.

So, daar gaan epic duels wees in ál die klasse.

Die GTi Challenge het ’n bietjie minder inskrywings, maar ek dink die racing kan selfs meer hectic wees.

Dis mos omdat dit ’n VW-based reeks is. So, dit hang eintlik af van die jaers, en nie noodwendig die karre nie.

Beskou dit sommer ook as ’n nuwe soort kontaksport.

Die classic en fine car classes gaan mos soos gewoonlik saam op die baan wees, daarom is daar 45 inskrywings.

En dis eintlik hiér waar die k*k sal spat en hare sal waai.

Malcolm Uytenbogaardt in sy Ford Granada en Erik Mouton in sy massiewe blou Chev De Ville V8 sal sake uitspook in hulle laaste outing.

Maar moenie van die “Moerse Geraas” hier vergeet nie,

Dink maar aan Dave Kopke se very loud Mazda R100 rotary, Robin Forbes se 5,7F- Chevy Corvette en Franco Donadio se giant slayer Ford Escort Mk1.

In die fine car-klas sal die VW’s – Jettas en Passats – en Mazda MX-5’s sake teen mekaar uitspook.

GT-klas

Die V8 masters is altyd ’n wenner, en dinge kan harig raak in die supercar-klas.

En as jy steeds nie genoeg het nie, dan is daar die sportkar- en GT-klas.

’n Porsche GT2R, Shelby Can Am en Opel Mallock 14B is in die mix daarin.

En tweewiel-entoesiaste, ja, daar is ook aksie vir julle. So, moenie uitgesluit voel nie.

Julle kan uitsien na superbikes en supermasters vir racers ouer as 35.

So, leser, hoewel die aksie eers 10:00 begin, word daai hekke al 07:30 oopgegooi.

Soos gewoonlik kos toegang R80 vir volwassenes, R20 vir o. 16’s en gratis vir o. 12’s.

Gaan geniet die dag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters