Verlede jaar
Porsche nou die ene krag
monster: Die Porsche 911 GT2 RS is die kragtigste Porsche 911 van alle tye.Foto: PORSCHE  ~ 

JY KRY gewone Porsche 911’s, wat ek al bestuur het. En daar is absoluut niks gewoons aan ’n 911 nie, glo my.

En dan kry jy die 911. Die kragtigste 911 van alle tye, vertel Porsche my.

Daar is mos ’n Turbo S 3,8F-enjin agter in die stert van die nuwe GT2 RS.

Dit bou voort op die bestaande enjin, maar is nou toegerus met groter turbo chargers vir selfs meer saamgeperste lug in die combustion chambers.

Hulle het nou die krag opgestoot van 427 kW tot 515 kW. As jy net 1 470 kg met ’n vol petroltenk weeg, hol jy dan sommer die 100 km/h in net 2,8 sekondes.

Daai real-wheel-drive-monster kan dan sommer 340 km/h slaan.

Die nuwe GT2 RS is ’n ander gedierte as sy 3,6F-voorganger, want die krag is met 59 kW opgestoot en die torque met 50 Nm.

Koppel dit aan daai seven-speed double-clutch transmission en ’n splinternuwe uitlaatstelsels (van titanium, baie dankie), asook ’n stywer suspension en chassis om al daai krag deur die twisties te kan hanteer (onthou, hy’s rear wheel) en ek dink jy gaan ’n blast hê.

Ja, hy kom Suid-Afrika toe en hy is road legal. En hy is joune vir net R4,4 miljoen.

Maar dink só daaraan – met sy bekendstelling gee hulle ook ’n baie spesiale Porsche-horlosie weg wat Porsche Design drie jaar lank gevat het om te ontwikkel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters