Verlede maand
Polo is voor op die wa van sedans
wenner: Die VW Polo het die beste resale value van sedans in die land. Foto: automagzn.com  ~ 

EN NOU ’n bietjie consumer news van True Price, wat rygoed vir mahala waardeer.

Darryl Jacobson, MD van True Price, sê sedans verkoop glad nie so goed soos byvoorbeeld cross-dressers nie.

Maar karre soos die VW Polo, Toyota Corolla en Hyundai Elantra het darem nie heeltemal hul magic verloor nie.

So, watter bekostigbare sedan het die beste resale value?

Dis altyd iets wat kopers in gedagte moet hou as hulle hul kar in die toekoms wil swaai.

Lede van True Price woon elke week kar auctions by. Hulle sien dus elke week die werklike pryse en voeg dit by hulle databasis.

Die VW Polo is voor in die koor, want hy kry 70,55% van sy oorspronklike list price­ op auctions.

Darryl sê dis veral jonger kopers wat tot elke prys ’n Polo wil hê.

Tweede is die Corolla Quest, wat 68,78% behaal op auctions. Veral Uber drivers like dié een.

In die derde plek is dit die Hyundai Elantra, wat 64,95% van sy list price behaal.

Dié brand het mos al hoe gewilder geraak oor die jare met sy gehalteprodukte. Volgens Darryl raak dit nou al hoe duideliker op die auctions.

Nog ’n Toyota, die Corolla, is vierde met 64,15% van die list price wat gekry word.

En in die vyfde plek is dit – surprise, surprise – die Suzuki Ciaz, wat onlangs ’n fresh look gekry het en 56,44% van sy list price kry.

Ook die Swift en die Jimny is baie gewild onder privaat buyers en dealers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters