Verlede maand
Pasop, dit reën!
huh? Sekere !@#$%^ in hulle bakkies versnel mos as dit reën.  ~ 

EK HET regtig met die hande in die hare gesit vir ’n subject om oor te skryf.

Maar toe ry ’n ou oom die week in een van die veiligste (maar ook boringste) karre in spitsverkeer amper in my vas.

And my faith in humankind was restored.

Ja, die oom ry daar in sy 1997 box-shaped Volvo-stasiewa.

En jy sou nou gedink het as hy so ’n versig­tige en verstandige en volwasse besluit geneem het om so ’n veilige wa te koop om mee oud te word, hy ook versigtig en verstandig en volwasse op die pad sal wees.

Toe nie. Want nadat ek opgemerk het hoe sy neus ál hoe nader en nader na my sy kom, toe toet ek vir hom.

En daar skrik hy so groot dat sy regterhand opskiet.

En daar sien ek toe die smartphone, mooi aan in ál sy glorie.

Die oom was wragtig besig om lustig te text.

En volgens nuwe navorsing is texting while driving iets soos tien keer gevaarliker as gesuip en bestuur.

Ons brains is eenvoudig nie gewire om te bestuur, aan ’n boodskap te dink, oog op die pad te hou, gears te change, te briek, te versnel én te text nie. Ons het in elk geval net twee hande (wat ook nie genoeg is nie).

En watse ander !@#$%^ goed het ek onlangs op die pad gesien?

Toegerus

Wel, !@#$%^ in hulle 4x4’s op spoed in die reën.

Terloops, daar is so bietjie science oor hoekom dit so ’n !@#$%^ move is.

Eerstens is bakkies nie eintlik toegerus met road going tyres wat werklik grip in die reën nie.

Tweedens is hulle centre of gravity baie hoog, wat hulle tamaai body roll gee. Not the recipe for success op ’n nat pad.

Om nie eens te praat van die tamaai gewig wat baie lank vat om tot stilstand te kom nie ...

En derdens kom daar, wat ek noem die “snot-faktor”, into play.

As dit weke aaneen reën, word die teer letterlik skoon “gewas” van alle debris soos olie, ander vloeistowwe en ou rubber.

Maar as daar net so ’n paar buie geval het soos onlangs, lig die water net eenvoudig die debris so ’n bietjie op om so ’n snotterige lagie te vorm. Aquaplaning is real.

En selfs iets so grippy soos die Porsche Carrera S wat ek onlangs bestuur het, het dan die hulp van die gode nodig, soos die nuwe “Wet” function wat in die nuwe een ingebou is, never mind ’n bakkie.

En nog !@#$%^ goed?

Wel, soos gewoonlik raak sekere bestuurders geheel en al !@#$%%^ verbouereerd as die eerste druppels op die voorruit val. ’n Hatchie teen 67 km/h in die vinnige baan, wat dan tot 96 km/h versnel en dan weer 64 km/h ry? Check. Indicators wat heeltemal vergeet word in ’n lane change? Check. Headlights wat af bly, ongeag ál die waarskuwings op die billboards langs die N1? Check.

En following distances wat korter raak eerder as langer. So asof die bestuurders soos klein eendjies raak wat wil opbondel om mekaar raak te sien vir gemoedsrus in die eendeweer.

Yep. Ek moet daai oom en ál die ander !@#$%^ bedank.

Julle gee my beslis inspirasie én erge angsaanvalle ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters