2 maande gelede
Ou Opel Corsa nie beste opsie
toetswa: Die Opel Corsa sedan uit 2004. Yep, ek het hom getoets.  ~ 
toetswa: Die Opel Corsa sedan uit 2004. Yep, ek het hom getoets.
hardegat: Die Corsa is bulletproof en daar word nog baie op die pad gesien. Foto’s: albert bakkes
grof: Onder die bonnet is daar ’n 1.6 liter- naturally aspirated enjin. Maar teen dié tyd is hy al taamlik gruff.
antiek? Jy kan eenvoudig nie wegkom van die feit dat die Opel f*kk*n oud is nie.
klein tyres: Alles rus op 14-duimers.
dated? Die design language gee jou ’n indikasie hoe oud hy is. Rocking the 2000’s.
tech: Jy het darem ’n CD/radio combo, maar moenie connectivity verwag nie.
wear and tear: Die kajuit wys ook maar sy ouderdom.
spasie: Hy het darem die ek-sit-agter-myself-toets geslaag.
sluk: Die voordeel van die sedan is sy ordentlike boot space.

MET hierdie skrywe gaan ek ’n eksperiment doen. So, bear with me.

Vir die eerste keer in meer as ’n dekade toets ek toe ’n kar van ver onder R100 000.

’n Cheapie, om presies te wees, wat vir so in die omgewing van R46 000 kan gaan.

Ontmoet die Opel Corsa sedan, 2004-model.

Die 1.6 liter ene, om presies te wees.

Dié een het ’n rela­tief ligte load van net oor die 153 000 km op die klok.

Nou, wat het hy gehad toe hy al daai jare terug uitgekom het?

Daar was natuurlik die naturally aspirated inline viersilinder petrol unit onder die bonnet, gekoppel aan ’n vyfspoed manual.

In daai jare good to go vir 75 kW krag en 139 Nm torque.

Die dash time was 12.5 sekondes en die top end 178 km/h. Not too shabby vir dié tipe klas vir daai tyd nie.

Alles rus op standard 14-duimers met steel rims.

Safety features sluit goed soos ABS en airbags in.

In dié model het jy nog scrolldown windows voor en agter, maar jy het darem nice to haves soos aircon en ’n CD/radio combo.

Maar moenie eens dink aan connectivity nie.

Daar is cloth covers vir die seats en die kar was ook nie te shabby met die ek-sit-agter-myself-toets nie.

Een van die groot voordele van die Corsa-sedan is sy ordent­like boot wat tot 432 liter kan sluk.

Jy kan egter nie die agterste seats vorentoe slaan nie, want dit is vasgebolt aan die agterste “brug” wat oor die boot hang.

Nou, hoe bestuur hy?

Wel, as gevolg van die krag wat na die voorwiele gaan en die klein wieletjies (en ’n hydraulic steering rack setup) is die steering taamlik lig. Miskien ampers te lig vir precision driving. Baie vaag.

En dis hier waar die wiele van die hele ding vir my afkom.

Want kom ons konfronteer nou maar die olifant in die kamer.

Die ding is bulletproof en jy sien nog baie van hulle op die pad (here’s looking at you, Metro cops).

Maar jy kan nie wegbeweeg van die feit dat die Opel f*kk*n oud is nie.

En, nee, ek praat nie van die design language of daai jare se tech nie.

Ek praat hier van werklike faktore.

Al gehoor van metal fatigue? Jy kan dit voel deur die chassis. En die gekraak en rattle en squeaks wat daarmee gepaardgaan.

En die gruffness van die enjin.

Maak nie saak hoe “min” hy op die klok het nie, ons kan eenvoudig nie wegkom van die feit dat daai enjin baie oud is nie.

Die kar is nie ’n wreck of ’n death trap nie, maar dit is soos ’n oumens.

Een of ander tyd gaan iets breek (en soos met oumense, as iets eers gebreek is, kom dit nie maklik sommer reg nie).

En werklike faktore soos die sourcing van parte kom dan uit om te speel.

Dis alles belangrike goed wat jy in ag moet neem en na moet kyk as jy jou in die cheapie market bevind.

Moenie vir jouself ’n nasty óók koop nie.

  • Albert se Rev Counter: You-get-what-you-buy 5 uit 10.

PS: Gee maar gerus julle feedback oor ek­s­perimente soos hierdie en of ek dit weer moet doen.

Volgende week is ons terug by ’n splinternuwe wa.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters