Verlede maand
Onthou daai CV’s
LAAT DOEN DIT: Laat check maar gerus jou CV joints, want as dit ingee, het jy beslis groot moeilikheid.  ~ knowhow.napa-online.com

IEMAND het my nou die dag gevra hoekom CV joints so belangrik is in ’n kar.

Ek moes toe maar gaan kers opsteek by die experts.

Cordova Auto sê CV joints is basies ingewikkelde ball en socket joints.

En hulle is vrek belangrik.

Alle front-wheel drive karre het dié joints aan albei kante van die drive shafts.

Koppel

Daar is ook inner CV joints wat die drive shafts aan die transmission koppel, terwyl die buitenste CV joints die drive shafts aan die kar se wiele koppel.

Nou, hier is hoekom hulle so belangrik is.

Die goed is essential om die torque van die transmission na die wiele te gooi teen ’n stabiele spoed.

En hulle doen dit terwyl die kar op- en afbeweeg soos die suspension die pad hanteer.

In ’n front-wheeler transfer die CV joints die torque na die voorste wiele terwyl jou kar ook draai.

Met ander woorde, hulle keer dat jou kar se as breek elke keer wanneer jou kar ’n bump op die pad tref.

En laat die wiele darem in alignment draai en nie cock-eyed staan elke keer as jy ’n turn vang nie.

’n CV joint het ’n geseëlde sleeve (genaamd ’n boot) wat gevul is met ’n spesiale grease om die ball en socket lubricated te hou. As daar ’n krakie in daai sleeve vorm, lek die grease uit en so met al die stof, wear daai CV joint uit en hou dit op werk, as jou mechanic nie die probleem vinnig genoeg vang nie.

Terloops, dis gewoonlik die buitenste CV joints wat hierdie probleem ondergaan, want hulle beweeg meer as die inner CV joints.

As jy so ’n kliek-kliek of popping geluide hoor, wanneer jy draai, moet jy maar uitkyk.

Daai geluide kan ook harder raak soos jy die loud pedal intrap. En jy kan ’n vibrasie deur jou steering voel.

Daar kan ook grease wees op die binnekant van die rim soos dit uitlek.

Die worst-case scenario is dat die CV joint geheel en al kan ingee.

En dan maak dit jou kar onrybaar en eindig jy in ’n fireball, want die kar kan nie meer bestuur word nie.

Gaan laat check dit maar uit as jy onseker is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters