2 maande gelede
Nuwe Suzuki’s mag hard gery word
Boet en sus: Die twee Suzuki’s wat dié week gelaunch is, laat my baie dink aan Luke, die Great Dane, en sy nuwe klein sussie, die worshond mix, Sussiekie.Foto’s: Albert Bakkes  ~ 

NOG ’n launch en nog ’n kans om die huis en Vrou bo in die Noorde so ’n bietjie te besoek.

Maar die naweek was daar so ’n klein verskil. En sy is regtig klein.

Die worshond mix genaamd Sussiekie (Vrou se spelling) weeg miskien 5 kg, teenoor haar nuwe broer die Great Dane, Luke, se rondom 60 kg.

Ons het haar mos by die SPCA in Benoni aangeneem, maar dit was die eerste keer dat ek die dingetjie vir ’n hele naweek kon leer ken.

Skade

Sy is klein, maar het die spreekwoordelike balls van ’n leeu, want sy staan nie terug vir daai reus nie.

As hy te hard speel, wys sy tande, en as sy opgewonde is, hol sy soos baie klein brakkies, so op drie beentjies, met die regteragterbeen opgetrek. Praat van cock a leg!

Ek het mos al vertel van Luke en sy skraap met ’n bike. Hy het van die ongeluk weggeloop met veel minder skade as die bike (R25 000 om presies te wees, dankie, Luke).

Onthou dié feite, want later sal dit sin maak ...

Anyway, ek is toe Dinsdag by die langverwagte launch van die Suzuki Boosterjet.

En ons klim in die up­dated Vitara Turbo en vind ons weg vanaf die Internasionale Lughawe O.R. Tambo na die Red Star Race­way duskant Benoni.

En toe ontmoet ons die brand waarvoor almal gewag het: die nuwe Swift Sport.

Dis die eerste Swift wat nie met ’n naturally aspirated-enjin uitkom nie, maar met ’n turbo.

Toe het ek omtrent ’n déjà vu/flashback moment in die weekend.

Die Vitara cross-dresser is wragtag net so hardkoppig (en groot) soos Luke. Veral op die gravel stretch van 12 km op pad na die track.

My copilot het nog ewe snedig gesê dis nie reg dat karre op k*k grondpaaie getoets word nie.

Sekondes later was sy bek tjoepstil, want die Vitara is ’n leg­end van die eerste gen met gravel travel.

Hy hanteer alles in sy stride. Jy kan enige iets na daai suspension gooi, al is die spesifieke Vitara ’n front-engined, front-wheeled drive-nommer.

Dis nie veronderstel om op gravel so te hanteer nie.

Die veel kleiner Swifty het my aan Sussiekie laat dink. Ek het mos die brand vanaf die eerste gen my favourite sit-up-and-beg hatchie genoem.

Hy’s regtig soos daai worsie wat elke middag vir jou by die voordeur wag en blaf: “Kom ons gaan stap, Dad!”.

Die nuwe Sport wil soos sy voorgangers gery word, en sommer baie hard ook.

En as jy hard genoeg in die corners druk (check die video’s) cock hy so sy leg.

Werklik die balls van ’n leeu.

Dis snaaks hoe karre met ’n siel die characteristics van nog goed met ’n siel, soos jou brakke, kan toon, nè.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters