2 maande gelede
‘Nuwe’ Kia Rio is sexy en smooth
VARS: Die “nuwe” Kia Rio 1.4 TEC SR 6AT is nie eintlik nuut in die suiwer sin van die woord nie.  ~ 

NOG ’n dag, nog ’n Kia.

Maar dis nie sommer enige Kia nie. Dis die baie gewilde Rio – en vir eens stem ek saam met die massas.

Hy is gewild, want jy kry baie bang vir jou bucks (mits jy natuurlik die vyf-spoed manual gekies het).

Boonop is hy nogal baie sexy. Maar hierdie is nie jou garden variety Rio nie.

Dis die een met die splinternuwe ses-spoed auto box. Ons noem hierdie spesifieke een die Rio 1.4 TEC 6-speed auto.

Die nuwe auto box vervang natuurlik die (baie stupid) vier-spoed auto, wat in 2017 hier begin werk doen het.

Nou, julle weet al teen dié tyd wat ek van auto boxes in (relatief) klein karretjies dink.

Daai boxes het gewoonlik nie ’n clue in watter gear hulle wil wees nie. Dan sorg dit vir ’n jerky ride, frustrasie en vele vloekwoorde, veral as ek die bestuurwerk doen.

Maar die introduction van die ses-spoed los ál daai niggles en klaagliedere grootliks op.

Die ride is nou baie smoother, die shifting baie glad en die Rio voel nou heel grown-up eerder as net ’n add-on.

Die goeie nuus is die tried-and-trusted 1,4F- viersilinder-petrol­enjin kom nou eindelik tot sy reg met ’n increase in krag (74 kW) en torque (135 Nm).

Danksy die nuwe transmission het die dash time ook geval van 13,2 sekondes tot ’n heel respektabele (in dié klas) 12,9 sekondes, want die box hou nie meer so lank aan elke gear vas nie.

En in plaas van daai klein 15 duimers sit jy in dié model met 17 duimers en beautiful alloy rims.

Dit help ook met beter grip en, ironies genoeg, ’n smoother ride.

Kyk jy na die design language van die Kia Rio, sien jy die chief designer van Kia, Peter Schreyer, se fingerprints oral.

Neus

Anders as by Hyundai, ook ’n puik brand en die boetie-company, is daar nie ’n konserwatiewe haar op Schreyer se kop nie, en hy maak bold statements.

Kyk maar na die Rio se neus.

Dit is nou nie in almal se smaak nie, maar niemand kan dit miskyk nie.

sluk: En die boot kan 325 liter inpak.
dit werk: Anders as met so baie ander hatches, werk die gat saam met die res van die design language.
SIT AGTER JOUSELF: Daar is werklik baie spasie agter. Dis natuurlik met leer.
KWAAI: Die outomatiese sesspoedratkas is ver beter as die stupid vierspoed wat tot onlangs gebruik is.
NICE: Die lekker ding van dié spesifieke model is daai nuwe outomatiese sesspoedratkas wat nou beskikbaar is.
DIT WERK: Die nuwe ratkas laat alles net vloei. Dis ’n lekker ride met ander woorde.
DESIGN LANGUAGE: Peter Schreyer, die hoofontwerper van Kia, se handewerk is oral aan dié hatch te bespeur. Check maar daai bold neus.Foto’s: ALBERT BAKKES
NOU BESKIKBAAR: Dié model kom met mooi 17 duim-allooivellings. Dit gee ’n beter houvas op die pad.

En die gat kry dit reg (anders as met soveel ander hatches in dié klas) om nie dowdy en frumpy oor te kom nie. Dit pas in by die res van die design lan­guage.

Ag, dan het jy binne-in ook leather upholstery, ’n infotainment-connectivity combo met sy eie touch screen van 7 duim (met ’n Rear Park Assist System en ’n rear-view camera).

Die setup kan jy ook met jou smart­phone mirror.

Daar is controls op die steering wheel, electric vensters en electric controlable truspieëls.

En hy het nice to haves soos rain-sensing wipers.

Soos ek gesê het, bang for your bucks.

Maar die paartie trick is, anders as so baie ander public relations-nonsens, regtig-egtig daai ses-spoed auto box.

Dit maak die lewe nie net smoother agter die stuur nie.

Maar, dare I say it, in ’n kleiner kar met ’n auto box is dit ’n happier place, iets waarna jy uitsien om te bestuur.

  • .
Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters