Verlede maand
Nuwe Jimny 'n warrior
new kid: Ontmoet die splinternuwe Suzuki Jimny.Foto’s: albert bakkes  ~ 

KYK, ek het vanjaar in bef*kte goeie karre gery en bestuur.

Dink maar aan die Kia Stinger, die Bentley Bentayga, die nuwe Porsche Cayenne, die Jaguar F-Type en F-Pace­.

Maar ek sweer op alles heilig ek was laas week soos ’n kind voor Krismis vir net een experience: Die launch van die brand-new Suzuki Jimny.

En as ek sê brand-new, dan meen ek van die ground up brand-new. Basies ’n completely nuwe outjie sedert 1970, toe hy die eerste keer losgelaat is.

En as jy só uitsien na iets soos ’n kind vir Krismis, gaan jy mos só teleurgesteld wees soos ’n kind op Krismis met sy R1 van Ouma. En nie die Scalextric set waarvoor hy so gebid het nie.

Toe nie. Ek meen, kyk maar net na daai design language. Dis só throwback en retro na sy roots as ’n go-anywhere-dingetjie.

Ja, die boot space is steeds ’n grap en jy kan nie anders as om sy twee dicky seats agter plat te slaan om enige iets in te kry nie. Maar ek het nie ’n f*k omgegee nie, want ek wou net inspring en begin ry.

Eers die facts and fi­gures: Daar is die standaard-GA-model en dan die GLX.

gaan speel: Die Jimny in sy element daar in die woude van Sabie.
old school: Die jimny gaan terug na sy roots met sy retro design language.
indrukwekkend: Dis wat die Jimny werklik kan doen.
Old School: Suzuki het ook die high en low range tottie voor die gear lever teruggebring.
tech: In die top spec het jy ook nice-to- haves soos daai screen – wat jy nie eintlik regtig nodig het nie.

Albei kom met ’n naturally aspirated 1.5-liter petrolenjin, good to go vir 75 kW krag en 130 Nm torque. En dis alles gekoppel aan ’n vyfspoed-manual box (in top spec kan jy darem ’n vierspoed old school auto box kies, maar in dié geval wil jy nie).

In die vorige interpretasie het jy so ’n switch gehad vir high en low range, maar in die brand-new een het hulle retro gegaan met ’n properse old school- tottie-lever voor die gear lever vir daai switch waar jy die “thunk” met die hand kan voel.

Nes met ál die vorige weergawes het die nuwe gen nie ’n diff lock nie (dit sou die Jimny eenvoudig net té swaar gemaak het).

Maar hierdie een het wel ’n Brake LSD traction con­trol setup, wat basies die krag na die wiele wat nog grip het, stuur. Dít as jy byvoorbeeld cross angling doen met twee wiele in die lug (kyk die foto). Maar f*kk*t! Dit werk!

Verder sluit die nuwe Jimny se features in: power steering, immobiliser, ABS, BAS, ISOFIX, SRS dual front airbags, ESP, AllGrip Pro Part-time 4WD met ’nlow range transfer gear, hill hold en descent con­trol en 15-duim rubber met ’n full-size spaarwiel.

Terloops, die offroad capabilities se syfers lyk so: ’n volle 210 mm ground clearance, ’n 37 degree approach angle, ’n 28 degree break-over angle en ’n 49 degree departure angle.

Trust my, as ek en my co-pilot nie ore gehad het nie, het ons ons koppe oopgezip, die smiles was só groot.

Waglys

Want álles wat die plantasies en die wildernis daar by Sabie langs die Kruger vir ons gegooi het, het ons lag-lag oorkom. Meer agile as ’n stripper op ’n paal in sy element. En, ja, jy moet hom moer en die gears maal om op spoed te bly op die teer, maar hier het ek ook nie ’n f*k omgegee nie. Smiles for days.

Die top of the line GLX kom met ’n 7 duim touch screen infotainment/connectivity (smart phone mirroring) combo en LED-ligte, en spotlights en elektriese vensters en colour-coding, en f*k weet wat nog alles.

Maar kies die GA, met sy ysterwiele.

En sit jou naam nóú al op die waglys. Want daar is nóú reeds een. Ek wens ek kon sê ek het ook.

Maar ek kan nie (al kners ek nou op my tande). Want dan sal ek nooit weer my werk doen deur (ander) karre te toets nie.

Want ek sal elke dag net my Jimny wil bestuur.

’n Kar met ’n siel. En tot dusver, die Son Kar van die Jaar ...

  • Albert se Rev Count­er: ’n I-really-really-really- badly-want-one- 15 uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters