Verlede maand
Nuwe, beter goed is hier
kom kyk: In die nuwe bylae sal daar enige iets met ’n enjin verskyn. Soos ’n pimped-up Chev. Foto’s albert bakkes/verskaf  ~ 

JOU favourite koerant het mos nou jou favourite motorblaaie ’n revamp gegee.

En behalwe dat daar vandeesweek ag blaaie is om mee te speel, het die supplement (wat elke Vrydag uitkom) ook sommer ’n splinternuwe naam: Son Kardinge.

Ons het al die nuwe ontwikkelinge ook sommer aangekondig by die uiters gewilde Cape Town Motor Show.

As deel van die new deal het ons ook lesers uitgenooi om self die naam te kies vir een moerse lekker prys, geborg deur Soundmatch.

Hoe klink ’n tamaai sound system vir jou wa ter waarde van R14?000?

En Soundmatch install sommer die ding sorgvuldig vir jou. Vir mahala!

En toe “ry” Roscoe Williams van Goodwood met daai tamaai prys weg, want sy naam is gekies uit al die inskrywings­.

Nou, wat bied die bigger and better supplement­ jou?

Ons sal alles cover wat ’n enjin het.

Nuwe modelle, souped- up vans, skedonkies – you name it.

Daarom nooi ons individue uit wat hulle waens wil afshow en kar/fan clubs om saam te kom speel.

Neem net lekker baie mooi foto’s, gee ons dan so ’n bietjie van ’n backstory­ oor die wa en/of die club (met kontakdetails) en mail dit vir my.

Industry

Lesers is ook meer as welkom om aankondigings te maak oor events.

Daar kan ook foto’s geneem word wat jy kan mail.

Daar sal ook industry news wees.

Dié week kyk ons byvoorbeeld hoe Eksdom se load shedding sommer nuwe car sales ook geshed het.

So van industry news gepraat: Daar sal ook nuus wees van nuwe tech in die motorbedryf, asook nuwe trends.

En dan sal ek julle op die hoogte hou van wat gaan gebeur daar by elke petrolkop se heiligdom, die Killarney International Raceway.

Ons is mos after all reg in die middel van die racing season.

So, lees verder oor die tweede ronde van die baie gewilde Power Series wat gesponsor word deur Wingfield Motors. Die ander race tracks in die provinsie is natuurlik ook meer as welkom om nuus aan te stuur van events.

Kom race saam. Dit gaan ’n awesome ride wees!

  • Stuur al jou goed na albert@kaapseson.com
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters