Verlede maand
Nuwe ASX beslis ’n verbetering
NIE BORING: Anders as die vorige gen ASX is die 2020 Mitsubishi compact crossdresser baie striking.  ~ Albert Bakkes

EK SAL sommer afskop deur te erken ek gee die ding ’n baie goeie score op my Rev Counter.

En nee, nie oor ek ’n bietjie aan bomskok ly weens die lockdown en sommer vir enige toetskar wat voor my deur stop outomaties ’n goeie punt gee nie.

Ontmoet die Mitsubishi ASX compact(ish) crossdresser.

En jy gaan nou grootoog vir my kyk: Een van die groot redes hoekom ek die ding ’n goeie punt gee, is daai goeie gearbox.

’n CVT, om presies te wees. Jy het reg gelees. Ná jare se gevloek en skel oor dié !@#$%^& bokse het ek een gevind wat nie soos ’n Wonderbra werk nie.

Met die meeste van die bokse trap jy die loud pedal in. Dit klink dan asof jy ’n kat in ’n wood chipper ingooi. Die enjin skreeu, die revs klim tot in die rooi, jou ore bloei, die babas begin huil en die honde tjank.

Maar met die kar gebeur daar net mooi niks! Die kar beweeg nie. All the promise, minus the grunt. Soos ’n Wonderbra: Steek jou hande in en dan wonder jy waar die tieties is.

En ja, in die ASX is daar ook die geween en gekners van tande. Met een moerse verskil, daar is grunt on tap en sommer vinnig ook.

Ja, die 2l-petrolenjin se syfers lyk nie te hot op papier nie: 110 kW en 197 Nm, natuurlik gekoppel aan bogenoemde sesspoedboks.

Opgewondenheid

Maar as die krag en torque (amper) onmiddellik daar is, dan maak dit een moerse verskil.

En dan is daar die updates. Toe ek hoor ek kry die ASX, was ek nie juis uit my vel van opgewondenheid nie.

NICE-TO-HAVES: Jy het ook nou ’n groot 8 duim screen met ’n mirror function vir jou smartphone. Die dials voor jou is egter nog old school Mitsu.

Want ná agt jaar in die land het die ASX nog nooit juis my rompie opgewaai en my panties weggeblaas nie.

Glad nie ’n bad kar nie, maar so boring en bland en middle of the road dat dit een van daai crossdressers was wat jy in die lughawe se parking lot sou verloor as jy nie presies kon onthou waar jy geparkeer het nie.

Daar was niks noemenswaardigs aan die ding nie. Generic styling, bland interior, middling performance, meh handling.

Dit het altyd vir my gevoel Mitsubishi het die ASX gebou vir mense wat (a) nie werklik van karre hou nie en/of (b) nie omgee wat hulle ry nie. Solank dit net van punt A na punt B kan kom sonder om te breek (en toegegee, Mitsu’s breek nooit nie).

Maar kyk na die 2020 update: ’n Nuwe, aggressiewe bonnet, nuwe snoet met LED daytime running lights en aggro fog lights, 18 duim bling rims, strike lines na agter, nuwe LED gatligte en een moerse glasdak.

En binne is daar ’n infotainment/connectivity combo met sy eie 8 duim screen wat jy kan mirror met jou smartphone.

GROOT GENOEG: Daar is beslis genoeg boot space. Nóg better, jy kry ’n full size spaarwiel.

Die goed wat nog soos Mitsu voel, is die old school dials voor die bestuurder en die gladde, plat oppervlaktes van die seats wat deur die twisties nie veel support bied nie. Veral nie agter nie.

En jy wil daai support hê, veral as jy die box in Sport gooi en sien hoe plat dié crossdresser se ride werklik is.

Die nuwe ASX was dus vir my ’n eye-opener, veral in ’n tyd waar mense hul oë wil toemaak en bid dat alles net wil weggaan en agterkom dit was alles net ’n terrible nagmerrie.

Albert se Rev Counter: ’n rock solid Mitsubishi (not so Mitsu) 8 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters