3 dae gelede
Nuttige raad vir ’n koper
Kies mooi: Daar is ’n paar goed waarna jy moet kyk as jy ’n nuwe model soek waarmee jy wil aftree.  ~ consumerreports.org

EN TOE beland die volgende query in my inbox.

Ek het die brand verdoesel, want ek moet nog sy produkte toets om ’n eerlike opinie te gee.

Vraag: “Ek wil graag ’n SUV bekom, maar kan slegs die R300 000-prysklas bekostig. Ek beoog om ’n handrat-model te koop.

Ek is 50 jaar oud en wil met die voertuig aftree. Dit moet egter ’n nuwe voertuig wees. Wil graag jou opinie hê, asseblief. – GM

My antwoord:

Die brand wat jy noem, is van China. Chinese produkte het nou nie eintlik ’n goeie naam gehad as dit kom by bougehalte en veiligheid nie.

Ek het self nog nie dié model bestuur nie. So, ek kan nie my eerlike opinie daaroor gee wat onder meer bougehalte en dinamika betref nie.

Maar ek het al die write-ups van ander joernaliste in die bedryf gelees en dié model kom nie sleg oor nie.

Jy moet egter na goed kyk soos warranty/guarantee enmaintenance plans.

Waar woon jy? Gaan jy gereeld lang afstande ry of meestal net in die stad rondry?

Help

Die rede hoekom ek vra, is die volgende: Ek weet nie hoe groot die footprint van dié brand landwyd is in terme van dealerships nie.

So, as jou kar in Brandvlei in die middel van nêrens in die hartjie van die Noord-Kaap breek, sal jou meer tradisionele en gevestigde brands miskien ’n dealership naby hê wat kan help. Ek weet nie of dié brand dit sal kan doen nie.

Dan is daar ongelukkig die werklikheid van parte of die tekort daaraan (want alles word in China gemaak).

Selfs die Franse se Renault sukkel ná dekades steeds om genoeg parte hier te hou, en dan moet die onderdele van Frankryk af kom.

En jy praat van ’n SUV, maar sover ek weet, sal ek nie die ding bos toe vat nie, want vandag se SUV’s kan nie meer bundu bash nie (hulle word soft-roaders genoem en kan hoogstens ’n grondpad hanteer).

Ek skiet nie die brand af nie, maar uit ervaring is dit maar ’n paar van die goed waarvan ek weet waarna jy sal moet kyk voordat jy koop.

Die alternatief is: Koop ’n goeie demo/tweedehandse model van ’n meer erkende brand met ’n baie groot footprint.

Dink aan die Koreaanse Hyundai en Kia, of die Japanse Suzuki – al drie het baie goeie produkte asook maintenance plans en besonderse after-sales service.

Hoop dit help so ’n bietjie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters