2 maande gelede
Nóg pret op pad
hectic! Rallycross gaan alles oor balls to the walls. En niemand het groter balls as die racers in die E36 Beemer Group nie.foto verskaf  ~ 

DINGE stop lyk my nooit daar by ons heiligdom genaamd Killarney nie.

Want môre is dit weer tyd vir die baie gewilde Raceway Rallycross series – dié keer round 4.

En dit op die deels teer, deels gravel circuit wat mos spesiaal gebou is vir die World Rallycross champs.

Die finals hiervan word sedert 2017 nog elke jaar hier gehou.

En ’n voëltjie het in my oor gefluit dit word as een van die beste tracks van sy soort ter wêreld beskou, nie net deur die racers nie, maar ook vir die toeskouers. Want jy kan omtrent die hele track sien daar van die grandstands by die G-Energy en Rose Foundation corners.

Die track het mos moer vinnige teer corners, baie tight turns in die gravel section en ’n lang gravel sweep vir sommer hope sideways action.

Vir die vierde installment is besluit die direction van die races sal terugkeer na clock­wise, met hier en daar so ’n paar veranderings om almal op hulle tone te hou.

Die races is kort, maar dis wat dit so vol aksie maak.

Kom kyk na die Burly Pro GTi Challenge en die Mike’s Place Clubmans races en moet beslis nie van die hardcore rally teams vergeet nie.

Maar die top dogs met die groot balls vir ál die madness sal sekerlik aan die racers van die E36 Group gaan.

Wie het nou kon dink high-revving Beemers – rear-wheel-drive 3-series sedans – sal só goed vaar in rallycross?

Maar jy het ook miskien ’n pitstop nodig daar by die Karting Clubhouse by die Track­side Pub ’n Grill.

Die hekke word al vroeg oopgemaak – 07:00 – en die racing begin 10:00. Dis R70 vir my en jou, R20 vir kids onder 16 en mahala vir kiddies onder 12.

Sien jou daar!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters