2 maande gelede
Nissan se Hardbody shine
kennis? Die “expert” moes die Nissan NP300 Hardbody toets.Foto: albert bakkes  ~ 

WEL, ná 22 jaar in die journo game (en 16 daarvan in die motor­terroris-game, as ek nou reg onthou) weet ek steeds nie of ek ’n expert is of nie. Té veel keer al opgef*k en ál daai.

Eerder miskien ’n jack of all trades (and master of none), as jy my vra.

Maar ’n car manufac­turer het so ’n paar jaar gelede wel gedink ek weet miskien iets van albei games. Dié vlieg my toe op Noorde toe om eers ’n produk wat hulle hier wil launch vir hulle te toets voor dit losgelaat word op A: Motoring journos, en B: Jan Publiek.

Want motoring journos kyk baie meer krities na produkte (veral nuwes) as Jan Publiek.

En toe vra ek eers vir ’n virgin kar (een met zero op die klok). Sien, aangesien die kar nog nie “ingery” is nie (all puns intended), ry dit veel anders as ’n kar wat ’n paar myle op het.

En daai dag sit ek toe maklik 400 km op elke tipe en stel my verslag op.

Die virgin se verslag het heeltemal anders gelyk as die myle-meisie.

En uit my motorterroris-oogpunt is daar toe besluit daar moet eerder myle-meisies aan die journos gegee word, want die virgin het te veel goed gehad (onder meer rattles en squeaks en enjin-traagheid) waaroor die journos gaan kla.

En dit het op die ou end nie veel gehelp nie, want die journos het die arme ding toe wel in sy moer geskryf, my input ofte not.

In my defence moet daar wel gesê word Jan Publiek het hom f*kk*l gesteur aan wat gesê is deur ons holier-than-thou motoring journos, want die ding verkoop steeds soos soetkoek.

Anyway, toe vra Nissan my om groot asseblief ’n netjiese rebooted NP300 Hardbody­-bakkie vir hom te kom toets voordat dit losgelaat word op A en B.

Met net 100 km op die klok.

Pluimpie vir my, maar ook ’n moerse verantwoordelikheid, want daar is saggies aan my gesê hulle sal nie ’n virgin aan sommer enige motoring journo gee nie, want die deursnee journo het omtrent zero technical sympathy en gaan maar baie rof te kere met enige produk wat hulle kry, myle ofte not.

Wese

Vrou en ek het die toetsrit beplan wat ’n round trip na ’n plaas op die oewer van die Vaalrivier tussen Villiers en Frankfort in die Vrystaat ingesluit het.

Nou, net so ’n bietjie agtergrond oor die Hardbody:

In wese is dit ’n ancient produk met die eerste generasie bakkies wat al drie dekades gelede uitgekom het.

Maar in dié geval: Hoekom f*k jy rond met ’n produk wat werk?

Die beast is tough, want hy word hier by die Rosslyn plant duskant Pretoria gebou en word na die res van veral Afrika uitgevoer.

Deur die jare het Nissan die Hardbody dus só refine (for want of a better word) dat die ding eenvoudig nie kan breek nie.

In my geval was dit die 2.5 liter-diesel met added kit, soos ’n snorkel, bling rims, roll bar, ’n bull bar en sat/nav/connectivity/infotainment combo binne met sy eie screen én spotlights.

Maar as jy verby die bling kyk, is dit in essense ’n Hardbody. En hy het ál die dinge gedoen wat die Hardbody nog ál die jare doen.

Dit moer net voort en oor enige terrein en breek nooit nie. Terloops, wanneer laas het jy ’n bakkie met ’n ekstra sifter vir (4X4) high en low range gesien?

En ná afloop van die naweek het ek maar weer so ’n verslaggie opgestel, nie te lank nie, want daar was niks werklik verkeerd nie.

En nou wonder ek net of ek nie die wa van die wal tot in die sloot (of miskien die Vaal?) geskryf het nie ...

Nie dat Jan Publiek hom gaan steur aan wat ons ook al skryf nie ... of hoe?

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters