16 dae gelede
Die beast kry 'n upgrade

HOLY @#$%^! @#$%^! @#$%^!

Só het dit daar in die heuwels van die Magaliesberge weergalm saam met die soundtrack van ’n howling V6.

Ontmoet die 50th Anniversary Limited Edition Nissan R35 GT-R ...

Om dié kar ’n force of nature te noem, is die understatement van, wel, 50 jaar.

Maar om die “nuwe” GT-R ’n one-trick pony te noem, doen dit regtig ’n disservice.

Losgelaat

Toe ek die R35 doer ver in 2009 van Kaapstad na Joburg bestuur het, was dit kru en brutaal en vol allerhande vloek­woorde. Daai tyd het die kar pas in Suid-Afrika geland. Maar hy was toe al twee jaar in die res van die wêreld losgelaat.

Met die terugblik en die wysheid wat grysheid bring, moet ek bieg, hy was regtig ’n son of a bitch in slow traffic met ’n sesspoed autobox wat nie altyd geweet het in watter gear hy wou wees nie.

Maar ná 12 jaar het Nissan die beast so ’n bietjie nuanse gegee deur met ’n paar goed te speel. Die nuwe turbochargers help met die enjin se low rev response vir beter speel in die verkeer.

Die exhaust manifolds is ook optimised om te help met die werk van die turbos.

En die suspension, engine mapping en overall steering voel, wel, net smoother en meer refined.

Met ander woorde, anders as enige ander GT-R in die laaste 50 jaar voel dié R35 asof jy dit ’n daily kan maak.

But don’t, oh please don’t let that fool you ...

Onder daai beautiful bonnet skuil nightmare fuel – die 3,8 F VR36DETT 24-valve V6 twin-turbo.

Elkeen word deur sy eie takumi (meestertegnikus) gebou (jy sal sy signature op die enjin sien).

En daai enjin is good to go vir 410 kW en 632 Nm torque.

Om dit in perspektief te stel: Is jy gereed vir ’n dash time van onder 3 sek? Of ’n top end in die omgewing van 317 km/h?

Rule 1: Stel die drie knoppies agter die shifter in “R” (vir Race, wat anders?).

Rule 2: Sit jou linkerpoot op die briekpedaal en mash die loud pedal met jou regterpoot tot in die vloermat in.

Skedel

Rule 3: Pop daai briek­pedaal sonder om jou regterpoot van die loud pedal af te haal.

Rule 4: Begin bid terwyl jy voel hoe jou oogballe aan die agterkant van jou skedel vasslaan.

Holy @#$%^! indeed.

Dit is launch control – en anders as met die vorige R35’s kan jy dit nou met liefde en met Nissan se blessing doen (maar miskien nie van die traffic cops en ander road users nie).

Dan kom die true nature van dié spawn of Satan na vore.

Hy kan (en sál) die vel van jou bakkies afvreet.

Maar daai party trick raak nooit oud nie. Glo my, ek het dit sommer baie kere gedoen.

Ek kan praat van die beautiful trim en die spec levels, en die info screen wat jou selfs die G-force wys. Van lap times, GPS en overboost, oil temp, en petrol temp, en van hoe depressingly vinnig jy deur ’n tenk petrol hardloop. Van soft touch fabrics en die trim levels (Premium, Black Edition en Nismo) en die beautiful paint jobs (Bayside Blue en Pearl White).

Maar ek gaan nie. Dis ’n GT-R, nie ’n poser nie.

Ek het vroeër vanjaar in die absoluut uitmuntende nuwe Porsche­ 911 gejaag.

En ek het gesê dis heel moontlik die beste sport­motor ooit.

Maar nou, met nabetragting, besef ek, die fizz was grootliks weg.

Met die GT-R was die fizz met alle geweld terug. Dis ’n kar wat jou in equal mea­sures kan terrify terwyl hy ook ’n grynslag op jou gevreet plak.

Dit was, selfs met Vrou daar in die Noorde, werklik die meeste fun wat ek in jare gehad het met my klere aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters