Verlede maand
Navara kry hier plek en gee SA ’n helse boost
gaan groot: Die Nissan Navara word van volgende jaar saam met die NP200- en NP300-bakkie by die Rosslyn-aanleg gebou. Foto’s ALBERT BAKKES  ~ 

DRIE miljard rand? Check.

’n SA president? Check.

Big business? Check.

Verskeie business types van alle kleure en geure? Check.

Beloftes van nuwe werk en sake-opportunities en baie “warm lug” in die vorm van lang speeches? Miskien ...

En dit was alles verlede week teenwoordig by die yslike Nissan announcement by sy Rosslyn-aanleg noord van Pretoria.

Net nog ’n sprokie wat in ’n Gupta-Bosasa-staatskaping-nagmerrie ontaard? Toe nie.

Nissan het ’n investment van R3 miljard in die aanleg gemaak. Die managing director van Nissan SA, Mike Whitfield, het gesê dit is nadat die plant meegeding het met vele ander plants wêreldwyd om die Navara-bakkie hier te bou.

Dit maak perfekte business sense, want die Navara join nou die baie suksesvolle produksielyne van die NP300- en NP200-bakkie. Dit sal plaaslik en vir export verkoop word.

Versteur

Terloops, die NP lines is Nissan se brood en botter hier en in die export market. In die res van Afrika doen Nissan vrek goed, veral in lande soos Nigerië en Ghana.

Dié bakkies verkoop maandeliks in hulle duisende wêreldwyd.

En soos ek dit verstaan, sal die produksie van die NP line-up glad nie versteur word nie. Dis omdat die Navara, wat volgende jaar in production gaan, sy eie splinternuwe production line het.

Al die deriva­tives van die Navara sal hier gebou word – van die single cap workhorse tot die top line.

Whitfield het gesê in die eerste fase van die Navara se production mik hulle na local content van 35% (menende plaaslik vervaardigde parte en components), met 48% in die tweede fase en 60% in die derde fase.

Op die grond beteken dit die reële waarde van R3 miljard kan eintlik in R5,8 miljard omgesit word.

Dis ook perfect business sense vir die maatskappy, want nie net maak hy geld nie, hy los ook die probleem van plaaslike demand op.

Die eintlike rede hoekom die Navara nie tans in die plaaslike top-drie line-up vir bakkie-contender is nie, is bloot dat daar nooit genoeg van hulle was om te verkoop nie.

Wat dit ook beteken, is dat die Rosslyn-aanleg die hoof-hub is vir Nissan se light commercial voertuie vir Afrika.

Volgens die chairman van Nissan Afrika, Midde-Ooste en Indië, Peyman Kargar, kan Nissan via Rosslyn nou teen 2022 sy presence in Afrika en die ander streke verdubbel.

Weereens perfect business sense.

En wat hou dit vir SA in? Wel, behalwe die inkomste aan Jan Taks en die boost vir die local economy, beteken dit ook 1 200 nuwe jobs, met 400 addisionele jobs by die aanleg (800 mense werk reeds daar) en ’n addisionele 800 nuwe jobs in die supply line.

En Nissan is verbind tot swart bemagtiging, ook in die supply line.

Verantwoordelik

Pres. Cyril Ramaphosa was by die announcement. Hy het gesê Nissan se investment is ’n groot bydrae tot die voertuig­bedryf hier.

Onthou, het hy gesê die bedryf is reeds die grootste deel van die land se manufacturing-sektor. En die bedryf is verantwoordelik vir rondom 7% van die GDP.

Hy het gesê hy is veral impressed en baie bly dat soveel “humans” nog op die vloer was gedurende sy toer deur die aanleg.

Dit het gevoel asof die prez uit sy hart praat en werklik opgewonde is oor al die nuus. En daar was nie ’n sweempie election­eering nie.

Te veel retoriek word in die land gepleeg en te min konkrete stappe word gedoen, veral vir ekonomiese groei. En hierdie is ’n konkrete stap van R3 miljard.

  • Albert se Rev Count­er: ’n versigtige ou siniese bliksemse 8 uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters