2 maande gelede
Nampo gaan wéér groot

EN TOE vat Datsun en Nissan ons weer na die Nampo Agricultural Trade Show daar by Bothaville in die Vrystaat. Dis die grootste show in sy soort in die Suidelike Halfrond.

Om dit in perspektief te sit: Daar was vanjaar amper 82 000 visitors wat deur die hekke geloop het.

Die show groei jaar ná jaar met letterlik duisende exhibitors wat enige iets uitstal van tradisionele trekkers en plaasimplemente tot irrigation systems tot compute­r­ised feeders tot jaggewere tot voerkrale tot voer tot perdesaals tot lubrication tot kruisboë tot klere tot saailinge tot bikes tot quads en, ja, ook bakkies en lux SUV’s (Jaguar en Range Rov­er was daar).

Hier kan jy maar vergeet van jou pragtige Porsche van R3 miljoen. Hier praat ons van horsepower op ’n ander level (terloops, jy kon ook hier regte perde vir ’n paar honderdduisend rand koop).

Want hier moet jy nie die boere vlak kyk nie. Kyk, jy kan wragtag nie jou eie vliegtuig invlieg van die Kalahari, dit land op die 1 200m landing strip, instap en jou kredietkaart neersit op ’n John Deere-baler vir R15 miljoen as jy stupid of narrow-minded is nie.

Die show (vanaf 1959) is bewys dat boerdery (veral commercial farming), lewend, lewensvatbaar en reusagtig is, wat honderdduisende mense direk én indirek beïnvloed en ’n inkomste gee.

Maar laat die prentjies maar eerder die groter storie verder vertel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters