5 maande gelede
’n Show vol tjorre
prys: Rene Burton, Monique Brevis, Devdondidit, Letecia Swartz (wenner van die social media competition wat Son saam met Soundmatch gerun het) en Ridwaan Booley.  ~ 

EN DAAR is Son toe by die gewilde Cape Town Motor Show.

En ons skop toe sommer die nuwe revamped motor supplement ook daar met ’n nuwe naam, Son Kardinge, in samewerking met Soundmatch af.

En nes die duisende ander besoekers het ons ons vergaap aan ál die hordes voertuie, enige iets van pimped en dropped rides, waens met moerse sound systems en stance nommers tot exotics, drifters, Mad Max-styl wiele, accessories, racers, classics en splinternuwe waens.

Ek kan nog verder skryf, maar ek sal eerder dat die pics die volle storie self verder vertel. Enjoy!

holy hell! EK weet nie presies wat hierdie monster is nie (miskien ’n modded Toyota Celica Supra?), maar kyk net daai engine bay.
prys: Rene Burton, Monique Brevis, Devdondidit, Letecia Swartz (wenner van die social media competition wat Son saam met Soundmatch gerun het) en Ridwaan Booley.
mal: Laat hierdie wa jou nie aan iets uit ’n Mad Max movie dink nie?
ook hier: En wat van dié modded Toyota­ Corolla?
’n stunner: Dié modified Honda S2000-sportskar het die koppe omtrent laat draai.
top shape: Dié Opel Corsa-demo-kar is ’n fully custom­ised Soundmatch-voertuig.
go large: ’n Car show is nie ’n car show sonder ’n classic Chev Lumina SS V8 nie.
sharp: Binne kon jy na karre kyk soos hierdie ultimate beach buggy
loud: Die monster V8’s van die Masters series wat vir groot geraas op Killarney sorg, was ook daar.
Show: DIé classic Datsun kan jy sommer sien is die eienaar se pride ’n’ joy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters