2 maande gelede
’n Nar met ’n kar
bestuur soos wát!? By my eerste Porsche launch het ek vir die grootbaas van Porsche gesê hy ry soos ’n d**s.Foto: albert bakkes  ~ 

EK IS mos nie bang om my naam gat te maak nie.

Het dit al te veel as ’n motoring journo (en andersins) gedoen.

Daar is maar min selftrots oor wanneer ’n mens aan foot-in-mouth disease ly.

En verlede week het ek dit weer opgedoen, en sommer op video terwyl ek vir social media geskiet het.

Ek gaan nie veel skryf oor die toetskar wat ek geskiet het nie, want dis my “Rev Counter”-nommer dié week.

Op dag 3 dat ek die kar gehad het, het ek gekliek ek druk nie die regte knoppie in die Toyota Corolla nie.

Dis ’n knoppie wat die kar iets besonders maak. (My ma het die skietwerk saam met my gedoen, en sy het dit aan my uitgewys).

Ek het toe besef in daai ag video’s wat ek tot dusver geskiet het, praat ek net ’n klomp stront oor die kar.

Gelukkig sal daai commentary nooit gehoor word nie, want ek het die video’s delete en van voor af begin.

Maar anyway, naam lekker gat gemaak, nè.

Een van die gevalle is dat ek die MD van Fiat/Alfa Romeo Suid-Afrika vir ’n waiter aangesien het ...

Ek het die oggend van ’n launch “nee dankie” gesê vir koffie toe hy hom aan my wou voorstel.

G’n wonder hy en die ander journos het my snaaks aangekyk nie.

(Wel, ek het die ou nie geken nie – dís my verskoning.)

Dan was daar die eerste Porsche launch wat ek gedoen het.

Ek het toe vir die grootbaas van Porsche gesê hy ry soos ’n d**s. (Ja, ek het nie geweet hy is die grootbaas nie.)

Daai jare het Toby Venter nog altyd die lead car soos ’n d–, ek bedoel demoon, gery.

Niemand het gelag nie, behalwe Toby. Die upside? Ek en Toby het oor die jare heen buddies geraak.

Babelas

Hy like my style, al is my naam steeds gat onder sekere journos in die game.

Een keer het ek nie net die stats van ’n toetskar verkeerd gekry nie, maar die naam daarvan ook sommer verkeerd gespel.

To my defence, ek was dik babelas toe ek die review geskryf het.

En sommer baie kwaad ook, want – dear lo-o-ord!!! – dit was toe sekerlik die boringste kar op aarde: Net ’n tool vir punt A tot punt B; nie ’n greintjie siel nie.

Die vervaardiger het die review natuurlik van die wires opgetel.

En ek het so ’n yskoue formele email gekry waarin die PR gesê het die company verstaan heeltemal dat dit my opinie is, al het ek dit ook so sterk gestel.

En verder: “Maar, mnr. Bakkes, voort­aan, wanneer u oor ’n voertuig skryf, vergewis u van die korrekte spelling van die model se naam.” Of so iets.

Ek het toe maar mea culpa gepleit, en voordat ek op my swaard geval het, het ek die hele email net so in die koerant geplaas, en teenoor die leser beken watter groot gat ek – weer – van myself gemaak het.

Die upside? Wel, die PR het besef, anders as so baie self-important journos, vat ek myself glad nie te ernstig op nie. Kan met myself spot.

En toe begin ons korrespondeer. Nou, meer as ’n dekade “saam”, is daai PR die een wat ek Vrou (in die Noorde) noem in al my rubrieke.

Lessie miskien? Don’t take­ yourself too seriously ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters