5 maande gelede
’n Gly gekry innie reën?
RAAK WYS: Om in die reën te ry is ’n perd van ’n ander kleur.  ~ iStock Photos

HULLE sê climate change is real.

En ná die sagte, deurdringende reën­ wat onlangs onverwags in die hart van die Kaap se droë somer geval het, begin ek ook kopkrap.

En toe land ’n email van die insurer Dialdirect in my inbox.

Hulle sê Road Traffic Man­agement Corporation data toon poor visibility en nat en glibberige paaie het gelei tot 27,1% van die 10 564 fatal crashes in 2018 op ons paaie.

Aquaplaning is ook real, nè. Dít is dan ook die tweede algemeenste cause van ongelukke – ’n kortkop agter human error.

So, adjust maar jou spoed wanneer dit reën, want dit gaan baie langer vat om te stop as wanneer dit droog is. En volgafstand. Ek stel minstens vier en vyf karlengtes tussen jou en die ou voor jou voor.

En daai headlights moet altyd aan wees. Sit maar die brights aan wanneer dit baie hard reën. En maak seker jou wip­ers is nie geperish nie. Vervang hulle gereeld.

As jy natgereën inklim, skakel daai defogger aan dat jy nie alles toewasem nie.

En hoe lyk die tread op jou tyres?

Hoe minder die tread, hoe groter die kans dat jy sal aquaplane. Trust my.

Die tread moet volgens wet minstens 1 mm diep wees. Dis omtrent soos die semi-slicks wat hulle in rac­ing gebruik.

Eintlik sal 3 mm keer dat jy skid.

En as jou shocks moer toe is, gee dit jou body roll – en dan maak dit nie saak watse wonderlike tyres jy op het nie. Dit keer ook dat die ABS system sy werk behoorlik doen.

Smooth en egalige driving is ’n moet. As jy skielik briek of die loud pedal gebruik, gaan jy jou kar in ’n spin laat beland, trust my.

Onthou, ry in nat weer soos ’n trapsuutjies, veral aan die begin van die reënseisoen. Die eerste reën maak oil patch­es en ander vloeistowwe so slippery soos snot op die teer.

Probeer ook flooded areas vermy. Jy weet nie hoe diep die water is nie, en jou kar kan kontak met die teer verloor. En dan beland jy en jou kar in die rivier en kan jy verdrink.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters