Verlede jaar
’N Gatslag tref mazda
beste stap: Mazda herroep nou duisende voertuie plaaslik weens foutiewe Tanaka air bags. Dis ’n goeie ding.Foto: koerabizzwire.com  ~ 

EN DAAR moet ’n mens met ’n skok lees dat Mazda plaaslik ongeveer 19 000 voertuie herroep het.

Dis oor air bags en sluit Mazda 2-, Mazda 6-, en RX-8-modelle van 2003 en later in.

Dink aan ’n air bag basies as ’n miniatuur-bom voor jou bors, langs jou kop, knie of waar hulle ook al geïnstalleer is.

Só werk ’n air bag (as ek nou reg gelees het): Afhangende van die vervaardiger is daar oral sensors in die kar, en dié kliek blitsvinnig “hier kom k*k” (HKK) en stuur dan ’n HKK-sein na die opblaas-eenheid, wat ’n propellant laat “ontplof” en daai sak blitsvinnig laat swel.

Die propellant van die modelle wat herroep is, is foutief. En wie het daai sakke met die foutiewe propellant gemaak?

Wel, die Tanaka Corporation in Japan het dit in 1988 begin vervaardig en was in ’n stadium een van die grootste vervaardigers daarvan.

In 2014 was sy aandeel van die mark wêreldwyd 20%.

Dis ten spyte daarvan dat die sh*t die fan vir Tanaka al in 2013 getref het: Motoriste is dood en/of beseer weens foutiewe sakke en byna 4 miljoen voertuie met Tanaka air bags is herroep.

Blykbaar het probleme reeds ’n dekade voor dit begin. In 2014 het dinge net vererger vir Tanaka: BMW, Chrysler, Ford, Honda, Mazda (weer), Nissan en Toyota het tussen hulle meer as 3 miljoen eenhede herroep.

Desember

In 2015 het Tanaka self 40 miljoen voertuie herroep. Daai jaar het tot Ferrari 458 van sy Italia-modelle herroep.

En volgens Wikipedia het die volgende vervaardigers sedert Desember eenhede herroep: Acura, Audi, BMW, Cadillac, Chevrolet, Chrysler, Daimler Trucks North America, Daimler Vans USA LLC, Dodge/Ram, Ferrari, Fisker, Ford, GMC, Honda, Infiniti, Jaguar, Jeep, Land Rover, Lexus, Lincoln, Mazda, McLaren, Mercedes-Benz, Mercury, Mitsubishi, Nissan, Pontiac, Saab, Saturn, Scion, Subaru, Tesla, Toyota en VW.

Tanaka het vanjaar in Yankland aansoek gedoen om bankrot verklaar te word en in Japan dekking teen bankrotskap.

Dis omdat hy meer sou betaal het aan vergoeding as wat dit hom sou kos om te oorleef.

Nou, hoe het dié toedrag van sake ontstaan?

Eerstens: Miskien was die tech van air bags maar ’n hit-and-miss-af­fêre (die woordspeling is opsetlik) vir Tanaka, want air bags is ’n jong toevoeging tot veiligheidsaspekte van voertuie.

Tot selfs in die 2000’s was air bags ’n opsie, selfs van marque Duitse en Sweedse brands.

So, dalk sit uitgediende vervaardigingstegnieke wat nooit hersien is nie, agter die foute, wie weet.?
Tweedens:
Dalk het die vervaardigers Tanaka te maklik vertrou.

En wanneer jy ’n reus soos Tanaka is en miljuisende jen daaruit maak, gaan jy vervaar­digers definitief nie sê jou gehaltebeheer is sh*tty nie.

Derdens: Miskien moet ons onthou ons het tot 20 jaar gelede glad nie ge-worry oor air bags nie.

Deesdae sal geen eienaar dood gesien wil word (woordspeling weer opsetlik) in ’n kar sonder air bags nie, veral as hy of sy dit kan bekostig.

Is óns miskien die eintlike rede daarvoor dat ons met bomme om ons lywe rondry? Vra maar net.

Terloops, ek blameer Mazda glad nie vir die herroepings nie: Dit was die absoluut regte ding om te doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters