29 dae gelede
My pel is pug-mal
classic: Ian se petrolkopitis het hom gedwing om die 1969 504 racing Pug op te bou.Foto’s Ian Loubser/albert bakkes  ~ 
lang pad: Die begin van die Jawa restoration.
moer toe: Só het die Jawa gelyk toe Ian dit jare gelede op ’n plaas opgespoor het. Hy het dit nie as ’n hoop geroeste scrap beskou nie.
classic: Ian se petrolkopitis het hom gedwing om die 1969 504 racing Pug op te bou.Foto’s Ian Loubser/albert bakkes

EK, MY dogter, en my ma het almal die siekte.

En dis (gelukkig) terminaal.

Ek praat nou mos van die kondisie genaamd petrol­kopitis™. En ons almal het dit erg.

Ek sweer my dogter, Mila, weet meer oor karre (en sy is net 16) as die meeste mechanics. Maar hoe dan anders met ’n pa wat elke week ’n ander kar (of karre) ry?

Maar toe gaan kuier ek by ’n goeie pel van my vir ’n lekker braai en ’n geselsie.

En toe besef ek: My ou siektetjie lyk soos ’n verkoue in vergelyking met sy kondisie, wat soos die Ebola-virus is.

Ian Loubser is ’n ou hand as dit by alles karre kom.

Nevermind dat hy een van die suksesvolste kar-agente van ’n press fleet hier is, grootgeword het met Peugeots en sy hart se punt natuurlik nou alles Pug is nie.

Ek dink hy het genoem dat hy tans sewe vintage Pugs het wat êrens liefderyk gestoor word.

Ek meen, Ian het tot ’n classic replica racing Pug – ’n 1969 504 coupé, soos ge-race deur die legend Jean-Pierre Nicolas, wat hy van die grond af opgebou het.

Om sy kondisie te illustreer: Ian was self so ’n bietjie laat vir sy eie braai, want hy moes eers sy racing brakes van een van sy karre gaan toets.

En toe gaan wys hy my sy “nuwe” pride and joy daar in sy garage waarmee hy tans besig is.

En met “nuwe” bedoel ek eintlik “vintage”.

Want dis ’n classic 1952 Jawa two-stroke eensilinder twin exhaust motorbike wat hy nou in die proses is om, van die frame af op, te restore.

Nou hier is die clincher: Sy siekte is so erg dat hy nou eers by die bike uitgekom het nadat hy dit moer toe geroes op ’n plaas by Loeriesfontein opgespoor het doer ver terug in die 1990’s.

Maar hy het soveel ysters in die vuur gehad tussendeur (natuurlik met karre) dat hy eers jare later met die projek kon begin.

Nou as dít nie dedication is nie, gemeng met ’n bietjie malligheid (’n newe-effek van die siekte), dan weet ek nie wat ís nie.

Mense wat dit so erg het, sien nie die hoop geroeste yster as scrap nie, maar ’n volledige restored bike/kar.

En hulle (en miskien hulle partners) het Job se geduld.

Want hy wag eers vir ’n piston wat volgende jaar sal aankom saam met ’n vriend (uit Europa) voordat hy met die volgende been van die projek kan voortgaan.

Ian sê wel daar is ’n omie genaamd Olof Bergh wat graag saam kom werk op ’n Saterdag as dit by restoration projects kom.

En dat daar nie medisyne is vir ons siekte nie. Behalwe miskien ’n Black Label...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters