5 maande gelede
My jaar in ’n oogwink
The good: Die splinternuwe Suzuki Jimny was verreweg een van die highlights van die jaar. FOTO verskaf  ~ 
the ugly: Nee, die nuwe Datsun Go val nie in dié kategorie nie, maar wat op die launch gebeur het, was vanjaar se gatslag. Iemand het wragtag teen my kar gecrash.

JA, DIE jaar is amper op sy kop.

En 2018 was geen grap nie. So, kom ons kyk so ’n bietjie na the good, the bad and the ugly wat vanjaar vir my gebring het.

The good? Where to begin: Ek het vanjaar soveel mind-blowing karre gery.

Vat nou maar net die Porsche 718 GTS, in drop top sowel as solid top.

Ná ’n hele paar hot laps op ’n refurbished Kyalami in albei, het ek my eers “calmed down to a panic” (soos Vrou altyd sê) voor ek die stelling gemaak het dat, as jy een van hierdie twee het, hoekom sal jy eers kyk na die baie duurder 911?

the ‘bad’: Die skandaal rondom die zero safety rating van die Nissan NP300 Hardbody-bakkie het gekom nadat ek ’n epic road trip met hom gedoen het. ­Foto’s: albert bakkes

Dan was daar die holy hell moment van die mense van Bentley wat my na die launch van die bulky Bentayga (hulle take op ’n tamaai SUV) genooi het. O, en Albert, bring sommer jou petrolkop-dogter, Mila (all of 16), saam, want sy sal sommer jou navigator wees.

Die bergpasse van die Wes-Kaap sal ná daai experience saam met Mila nooit weer dieselfde wees nie.

En dieselfde mense van Porsche, Bentley en Lamborghini het dit ook reggekry om my dogter na die 70ste verjaardag van Porsche­ te nooi, weereens by Kyalami.

Maar dit was nie noodwendig die grand brands wat my hart gesteel het nie.

Vanjaar se cherry op die koek was die launch van die splinternuwe Suzuki Jimny. Ek het lank laas só baie fun met ál my klere aangehad.

En dit was nie net die klein 4x4 wat verstom het nie, die experience in die mis­reën op die grens van die Nasionale Krugerpark is nét so verstommend.

Koor

’n Ander eye-opener was die nuwe Datsun Go. Dis nou ’n heel ander kar as die vorige gen wat so ’n paar jaar gelede hier geland het.

En nou moet ons ongelukkig by die bad kom.

En die Renault Kwid staan voor in die koor.

Van dieselfde mense wat jou die Clio RS en die verstommend asemrowende Megane RS gebring het, bring hulle jou ’n take op ’n cheapy.

Maar toe is die cheapy ook ongelukkig... ’n nasty.

Ek het teen 98 km/h positively onveilig gevoel, in ’n cross wind, en dit het nie gehelp dat die ding nie safety features soos ABS het nie.

En dan was daar die moerse skandaal dat die Nissan NP300 Hardbody ’n zero safety rating gekry het. En hy word hier gemaak en ek het die ding self vanjaar bestuur...

En moenie eers met my praat oor die teleurstellende Kia Sportage nie. Daai auto box...

En dan was daar die ugly.

Ah, wat sal ’n Albert rant nou nie wees sonder die wonderlike local traffic (or lack thereof) nie.

Elke jaar dink ek, wel, daai 17.something kilometer tussen my huis en die kantoor kan nie meer congested en k*kker raak nie. En elke jaar raak dit net méér congested en k*kker...

En vanjaar was ek ook in ’n smash betrokke. Voor een van my grootste buddies, John, wat betrokke was by ’n launch. Luckily no fault of my own.

Dit was die launch van die splinternuwe Datsun Go. En ons sit toe vas daar in ’n construc­tion zone kort duskant Jan Smuts Avenue in Joburg.

Ek het gelukkig nie bestuur nie. En so merge ons toe op daai highway waar vier strome traffic in een laan moet kom. En my arme co-pilot sê dankie vir die tannie in die wit Corolla hier langs haar toe sy merge.

Maar toe besluit die tannie f jou en jaag in ons regter-agterkant vas. En toe jaag sy agter ons aan om op ons te skreeu dis óns skuld. In Portugees. En haar seun het toe ook later vir John verskreeu.

Nice end vir die laaste launch van die jaar ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters