Verlede maand
Motormalheid is chronies
Ongeneeslik: Megan (16, links) en Mila (11) ly, soos ek en baie van julle, aan petrolkopitis. En dié wilde uncle is gesoebat vir ’n spin in sy Lexus UX 250h.Foto: Ian Loubser  ~ 

DAAR’S ’n kwaal onder kinders wat ek goedpraat.

Nou kan jy vandag vir my sê: “Maar, Albert, hoe kan jy dít ooit kwytraak – dat kinders moet siek wees!? Dis mos ’n verskriklike ding om te sê!”

Wel, dit hang af ... Ek praat van “petrolkopitis”, waaraan ek self sedert my kinderjare ly.

Dis chronies en oorerflik. Vra maar my dogter, Mila. En my vriend Ian Loubser.

En diegene wat gereeld by ons heiligdom, die Killarney-renbaan, uithang.

Opgewonde

Daar’s nie bloed in ons are nie, maar petrol.

Enige iets met ’n enjin en wat op rubber rus, versnel ons polsslag.

Ons raak opgewonde oor die reuk van tyre-rook.

Die petrolkopitis-lyers Ian en Lettie se kleindogters Megan (16) en Mika (11) ly ook aan die kwaal. (Hulle is op Mila se vlak van kennis oor rygoed.)

En toe ek onlangs in die nuwe Lexus UX 250h hybrid by hulle gaan kuier, móés die uncle hulle tog asseblief net vir ’n spin vat.

Dis after all ’n Lexus. So, hulle het goeie smaak (al is dit ’n hybrid en ’n crossdresser).

En daar word aaneen gesels. Dié kids weet van Porsches, Lambo’s, Bentleys ...

Die volgende dag vat Ian my toe na ’n “sanatorium” vir petrolkopitis-lyers.

Die plek bevat sy versameling uiters skaars modelle van ’n ikoniese Franse brand, en ek happy-snap vervaard.

Hier’s die kiekies vir al julle petrolkopitis-lyers ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters