19 dae gelede
Monsters is gladiatiors op wiele

EN TOE gaan kyk ons dié naweek na die tricks en hair-raising stunts van die monster trucks by die massiewe Monster Jam in die Kaapstad-stadion.

Daar was Vrydag ook ’n voorsmakie in die laaste oefenlopies. En dit het glad nie teleurgestel nie.

Ek weet nie hoeveel tonne sand hulle na die grasveld aangery het nie. Maar die plek is omtrent omskep in ’n moderne Colosseum vir moderne yster-gladiators van ’n paar ton elk.

Kort stats oor die fighters: Daar was ag van hulle: Grave Digger, Max-D, Monster Energy, Gas Monkey Garage (dink Discovery Channel), Megalodon, Zombie, El Toro Loco en Monster Mutt Dalmatian.

Die goed weeg elkeen in teen so 4 500 kg.

Hulle enjins is natuurlik solid block V8’s met 1 500 perde of selfs meer on tap.

Dit beteken die reuse-bliksems kan met hulle logge lywe 110 km/h in die knip van ’n oog klok. Dis ook danksy ’n Powerglide gearbox­ setup met twee cogs vorentoe, ’n neutral en ’n reverse­.­

WROEM: Die truck, ironies genaamd Zombie, wys sy staal op Monster Jam.Foto’sALBERT/MILLA BAKKES

Hulle kan jumps maak van tot meer as 40 m.

Die trokke het ’n articulated chassis setup – hulle buig in die middel sodat die voor- en agterwiele na mekaar toe “vou” – en elke wiel beweeg onafhanklik.

Dit gee die reuse ’n draai­radius van net 10 m.

Gepraat van wiele, dis custom BKT 66 duim (1,7 m) hoë jobbies. Een trok gaan deur so tussen 9 of 10 van hulle per jaar.

Hulle suip 99,9% metanol (alkohol, vir jou en my) en kan 17 F/km drink.

Waarskuwing

Die trokke staan 4 m hoog, 4 m wyd en oor die 7 m lank.

En een van hulle is joune vir ’n cool R4 miljoen soos hy daar staan.

Anyway, die monsters moes deelneem aan tradisionele side­-by-side racing, maar tussenin oor ramps jump met ’n quick turnaround time in die shoot-outs.

Dan was daar ’n tweewielkompetisie waarin hulle vir so lank as moontlik tricks op twee wiele moes doen.

En daar was ook ’n freestyle event. Dis basies ’n open-floor session, soos op die hip-hop/rap/breakdancing scene, ook in ’n time trial.

Jy moet basies twee keer kyk om te glo dis aluminium-en-staal monsters wat hierdie stront aanvang.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters