Verlede maand
Moenie leerproses in die wiele ry nie
eisH! Besluit self of jy jou tiener wil leer bestuur en of jy ’n pro wil inroep. Foto: merimbulanewsweekly.com.au  ~ 

EK HET lankal besef ek is die laaste een by wie my 17-jarige dogter moet leer bestuur.

Ek sal haar al die “verkeerde” (menende: intelligente, praktiese en veilige) goed leer ... en sy sal nooit wettig ’n liksens kry nie.

Maar toe stuur MotorHappy my iets.

Jou teen het haar learner’s gepass. Wat nou?

As jy besluit om daai hormoonbelaaide persoon self te leer bestuur, begin maar bid. Askies, ek meen sit ’n L sticker op die agterruit.

Maar ook nou nie waar dit die teen se vision sal belemmer nie.

Selfs al het die kind die test gepass, gaan maar weer deur die rules van die road.

Maak seker jou teen weet waar al die controls sit, byvoorbeeld die briek, gearshift en indicators.

Beplan jou roete en kies maar vir eers maklike en stil paaie sonder robotte of roundabouts.

En maak seker jou car insurance cover ook ander bestuurders.

En nou die bestuur.

Moenie panic nie en haal diep asem.

Kom kalm voor en gee clear instructions.

Maak seker die teen volg die onderskeie beperkings vir hoe stadig en vinnig hulle mag ry.

Wees gereed om die hazards te slaan as jou kind die kar laat stall.

Practise in verskillende scenario’s, soos ligte en swaar verkeer en reënweer. Dis ook baie belangrik om die learner in die nag te laat bestuur.

Wanneer jou kind eindelik haar driver’s licence het, maak doodseker daai kind verstaan haar responsibility wanneer maatjies saam met haar in die kar is.

Maar as jy – soos ek – glad nie jou kind wil leer nie, moet jy ’n pro inroep.

Maar onthou: Nie alle driving schools is equal nie.

Klop aan by die Southern African Institute of Driving Instructors. En vra referrals.

En ontmoet die instructor, vra sy credentials en vra hom oor die training process. En vra feedback van jou teen na haar lesse.

Sterkte. Ek weet my !@#$%^ is in die pos.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters