3 maande gelede
Moenie daai mites glo
Kan jy glo? Daar is sekere mites wat steeds die ronde doen oor die oil industry en enjins se wear and tear. Foto: carthrottle.com  ~ 

EK HET so ’n bietjie kopgekrap oor dié skrywe, want ek was by ’n launch. Maar toe beland die trade magazine Automobil vir die plaaslike retail motor industry soos gewoonlik op my tafel. En dié ouens en vroue weet waarvan hulle praat.

In dié maand se uitgawe praat hulle oor die mites en bog­stories wat die motoring public vir soetkoek opeet.

Een storie is dat die oil industry elke nuwe uitvindsel uitkoop wat karre meer ekonomies maak.

Dis balls, sê die skrywer. Want so ’n uitvindsel sal die inventor skatryk maak.

Fortuine

Die players in die motorbedryf sal hulle handjies op hom kry lank voor die oil industry – juis om so ’n invention eerste in hulle karre te kry.

Tans spandeer die motorbedryf self fortuine op navorsing oor maniere om karre minder brandstof te laat gebruik.

En die oil industry spandeer op sy eie ook fortuine op alternatives soos bio-fuels.

So, die kanse dat so ’n enkele uitvinder iewers rondloop, is maar baie skaars.

En dan is daar die wolhaar­storie dat ’n enjin wat full blast hardloop, vinniger gaan uit-wear.

Inteendeel, sê die skrywer. Nuwe enjin designs word vir tot 1 000 km op full throttle getoets voordat hulle eers daaraan dink om dit in production te sit.

Huis

Gewone motoriste het anyway omtrent nooit die kans om hulle enjin se volle potensiaal teen full throttle te ontgin nie.

Die meeste wear en tear vind eintlik plaas in daai eerste 10 km van die huis af wanneer die enjin nog onder sy optimale temperatuur operate.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters