19 dae gelede
Mini word groot
kies die een: As jy een MINI koop, moet dit beslis die Clubman S wees. Foto’s: ALBERT BAKKES  ~ 

EK HET grootgeword met ’n Mini. Die proper een uit Ingeland met die enjin agter.

Hy was so lig en rats dat hy V8’s by die robot laat staan het (al was dit net die eerste 100 m).

Dit was nie die “nuwe” retro MINI uit Duitsland, soos geïnterpreteer deur BMW nie.

Ek het nooit werklik ooghare gehad vir al die retro goed nie. Kyk hoe k*k het die “nuwe” Beetle uitgekom. En VW maak hom nie eens meer nie.

’n Fad, het ek altyd gedink.

Naam

BMW het, nadat hy die MINI badge in 1996 by die Britte gekoop het, ook in 2001 daai retro MINI begin maak.

Nou is dit nie meer ’n fad nie, maar ’n erkende naam, en die favourite onder die hairdressers en blommerangskikkers.

So, toe ek hoor ek kry die Clubman, was my rompie nou nie eintlik opgeblaas nie. Die “nuwe” Clubman het ek verpes, want hy het so ’n weird deur-configuration gehad met net een agterdeur (regs) wat jou kinders almal in die verkeer laat uitklim. Dit het f*k*l sin gemaak.

En toe ek sien dis ’n S, toe sidder ek eers, want ek het nog nagmerries oor die John Cooper Works-model wat my my stopsels laat verloor het. So hard soos ’n plank, beskryf dit nie eens nie.

Toe nie. Daai weird deur-configuration het ook lankal verdwyn. Hy het nou konvensionele agterdeure.

So, wat kry jy wat in die dinosaur-tyd eintlik ’n mini-panel van was met twee deure wat die boot oopmaak?

Wel, fun en sexy times­ (S).

Daar is ’n 2F-turbopetrol-unit onder die taamlik groot bonnet (check daai air in­take). Good to go vir 141 kW krag en 280 Nm torque­. Wat in die regte wêreld ’n dash time van 7.something sekondes beteken en ’n top end van ver oor die 220 km/h.

Maar dis die Sport autobox wat die ding so fun maak, gekoppel aan daai shifters agter die stuurwiel.

Stel hom in Sports mode en sien hoe rev-happy raak die ding.

Twisties

Ja, die MINI rus op die onderstel van (ek dink) die BMW 3-reeks en het daai regte meaty steering, nes enige regte Beemer.

En daarom sou jy dink die ding gaan nie so rats en nimble wees nie (hy weeg after all meer as 1,3 ton).

Dink gerus weer. Die mea­ty steering gee hom juis daai confident driver’s car feel, veral deur die twisties.

Alles voel solid, soos, wel, in ’n Beemer. Weg is ál die dials in die ronde housing wat ook die touch screen vir die sat nav/connectivity/infotainment/car computer bevat, met meer conventional dials voor die bestuurder (rev counter, speedo en odo).

Ja, daar is neon strips, mood lighting en down lights (wat die MINI logo in die aand op die driveway vir jou belig), maar dit voel glad nie gimmicky nie. Dit voel tuis in dié kar.

Hy’t ses airbags, en natuurlik die hele alphabet soup van safety features.

En die paartie-trick: Ses deure, want jou boot maak after all met twee deure horisontaal oop. Dit sorg vir baie pakplek agter.

En omdat die Clubman ’n bietjie meer gestretch is as die MINI hatch (lees: Gewone MINI) kon hierdie sesvoeter gemaklik agter homself sit.

Liefde

Om op te som: Die kar het my oortuig dat MINI nie meer net ’n one-trick pony en ’n poser-kar is nie.

Ek sal met liefde die Clubman S koop en daarmee saamleef.

Daai sense of fun en sexi­ness van die oorspronklike Mini’s is nie weg nie.

Net all grown up.

En as ek enige MINI moet kies, sal dit nét die Clubman wees... 

PAARTIE-TRICK: Jy maak mos met twee deure die groot boot oop. Dis wat hom sy naam gee.
LANGER: Met die layout wat gestretch is, kan jy lekker agter jouself sit.
LUXURY: Dié MINI het sommer twee sunroofs.
GIMMICK? Jy het steeds die ronde central hub op die dash, maar ook meer konvensionele dials voor die bestuurder.
MOOD: Check die neon.
KONVENSIONEEL: Die ou Clubman het mos net een sydeur agter gehad. Daai rubbish is nou genadiglik weg.
CHARMING: Check uit daai tamaai air intake in die bonnet. Dis deel van die Clubman se charm.
faddish? Die MINI brand is glad nie meer net ’n gier nie.
kies die een: As jy een MINI koop, moet dit beslis die Clubman S wees. Foto’s: ALBERT BAKKES
  • Albert se Rev Counter: ’n Rocksolid, maar ratse 8½ uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters