2 maande gelede
Micra het ’n siel
splinternuut: Die nuwe Nissan Micra. Hy het weer die essence van die eerste gen gekry. Foto’s albert bakkes  ~ 

AS DIE karretjie vir jou bekend lyk: Ek het al na hom verwys ná ’n launch vroeër dié jaar.

Dit was juis in die tyd toe die sondvloed die Kaap die eerste keer in jare getref het.

Maar ’n paar uur (selfs in die gietende reën met Noag se ark wat verby dryf) gee jou nie ’n volledige insig oor ’n kar nie.

Ontmoet dus die splinternuwe Nissan Micra hatchy.

Die eerste gen Micra was ’n hoot om te bestuur. Dit het ’n baie spesiale plek in my hart omdat dit een van my eerste nuwe toetskarre was aan die begin van my journey as motor-terroris.

Die tweede gen was, om eerlik te wees, unbelievably boring om te bestuur, en die bougehalte het glad nie gevoel soos dié van die eerste een nie.

Maar die nuwe Micra wat ek bo in die Noorde getoets het, voel absoluut asof dit teruggekeer het na sy roots.

Dis heeltemal van die grond op geredesign. Hy is op ’n Franse platform wat hy met Renault deel en hy word in Frankryk gebou.

So dis Europees deur en deur en die built quality getuig daarvan. En ook die fantastiese design language binne en buite. Tasty-looking kar binne en buite.

My baby was die mid-range Acenta (daar is ook ’n intree Visia en dan die top of the range Acenta Plus).

Die mid-range is basies al wat jy nodig het. Binne het jy ’n 7” display wat jy met jou iPhone kan op-pair. (Nissan sê my hulle kom binnekort ook uit met ’n Android mirroring system vir jou Samsung).

En natuurlik is daar ’n connec­tivity/infotainment/car setup combo.

Agter die stuurwiel is daar ook ’n 5” advanced driver display tussen jou rev counter en speedo. Dit gee jou info oor jou beste petrolverbruik of wys jou deur is oop en menigte ander functions.

Daar is natuurlik controls op die stuurwiel waar jy jou cruise control kan beheer, jou infotainment system kan manage en ook jou foon kan Bluetooth.

Onseker

Die stuurwiel is heeltemal verstelbaar. Hill-start assist is standaard. En alles rus op vier baie stylish 16-duimers.

Nou hoe ry hy?

splinternuut: Die nuwe Nissan Micra. Hy het weer die essence van die eerste gen gekry. Foto’s albert bakkes
Nuut: Dié Micra is van die grond af opgebou en voel Europees.
met smaak: Dis een tasty-looking kar, binne en buite.
Styling: Hy rus op beeldskone 16-duimers.
Impressive: Oulike gat, nè? En hy het tot ’n trekstang en ’n hello light onder die stang wanneer die aand jou verwelkom.
standaard: Jy het natuurlik ’n pakket van tech binne.
nice: Jy kry ’n digital readout tussen jou rev counter en speedo.
kontras: Jy het ’n two-tone interior.
bruikbaar: Die spasie agter is verbasend groot.
Nuttig: En daar is ook ’n bruikbare boot.

Ek was eers baie onseker oor die piepklein enjin. Ek meen dis net ’n 898 cc unit met 66 kW on tap en 140 Nm torque wat jy net na 2 000 revs kry.

En die dash time is net oor die 12 sekondes met ’n top end van 170 km/h.

Klink ietwat f*ck*d up op papier, maar moenie dat die syfers jou gooi nie.

Die ding is unbelievably rev happy en daar is ’n moerse turbo in die mix. So hy voel soos ’n happy dingetjie as jy die k*k uit hom ry. En selfs in 5de (hy’t ’n 5 spoed- snappy manual box) is daar nog hope grunt as jy die loud pedal op die N1 tussen Joburg en Pretoria verder trap.

Omdat dit ’n happy karretjie is, het hy vir my ’n siel. En dis die essence wat soveel klein karretjies verloor het.

In die nuwe Micra voel die trip nie soos net nog ’n werk nie.

Dis ’n plesier.

Die essence van die eerste gen is terug.

  • Albert se Rev Counter: ’n rev-happy bundle of fun 8½ uit 10.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters