4 maande gelede
Micra het grace
aanval: Ons op die launch van die splinternuwe Nissan Micra. En toe besluit Moeder Natuur om die hele launch te ontwrig deur ons in die hatch aan te val toe die hemele oopgemaak het. Foto’s albert bakkes  ~ 

EN DAAR is ons toe op die launch van die splinternuwe Nissan Micra.

Dis ’n halo-produk vir die brand en hulle hoop op baie verkope. En daarom is die launch in die Wes-Kaap vir ’n goeie impres­sion so presies soos ’n militêre operasie uitgewerk.

Maar net soos met baie militêre ops wat ek al ervaar het, het Moeder Natuur natuurlik ’n wil van haar eie en ’n manier om die ops op te f*k.

Daai Donderdag toe ons die roete deur verskeie van die mooiste bergpasse en twisties ter wêreld hier in ons provinsie sou vat, maak die hemele oop soos dekades gelede laas gebeur het.

En ons roete is so sorgvuldig uitgewerk en beplan.

Dit het my herinner aan die tropiese storms baie ver noord van ons.

Dis net baie langer en meer aanhoudend. En kouer en rowwer.

Ek het lanklaas horisontale reën sien aankom vanweë die stormsterk rukwinde. Of miskien nie aankom nie.

Want die gordyn van water op die windscreen het by tye so hectic afgekom dat dit basies ’n whiteout was, al het die wipers op die max setting vir die vale gewerk.

En ek het lanklaas vertikale reën gesien.

Nee, ek praat nie van reën wat vertikaal afkom nie. Ek praat van reën wat vertikaal opspring omdat dit die teer so hard slat.

Die geweldige storm het gevoel soos ’n beplande vyandige aanval van alle kante op ons Micra. Dit het die eintlike bestuur van die kar nogal baie tegnies en senutergend gemaak.

En vir hierdie ou hardebaard was dit so ’n bietjie ekstra senuwees, want ek het mos nou al ’n paar launches bygewoon.

Maar 10 km into the route, kom ek tot my skok agter ek sit met ’n noobie agter die stuur. Hy het die eerste been daar verby Villiersdorp en omgewing gehardloop.

Hy is so ’n noobie dat dit die outjie se eerste launch was.

So, ek het letterlik sy cherrie vir hom gebreek deur die ins ’n outs van launches en die bestuur van karre op said launches te verduidelik.

Die tegniek van nat bestuur en die tegniek van hoe om PR’s en die bedryf te hanteer.

Of nie, want daar is mos ’n hele paar vervaardigers wat my naam haat en maar spaarsamig (of glad nie) karre uitdeel as dit by Albert kom.

Maar gelukkig het ek later agtergekom die jong man weet wat hy doen, al is dit net agter die stuur.

En bygesê, ek dink wat die hele trip (ons moes in die middel afwyk van die uitgewerkte roete weens die aanval) ook eintlik baie suksesvol gemaak het, was die splinternuwe Micra self.

’n Launch is ’n launch is ’n launch, en in 90% van die gevalle kry jy nie daai hele portfolio van ’n produk in daai twee tot drie uur wat jy op ’n launch-dag bestuur nie.

Jy kry nie die volle spektrum van waartoe die kar in staat is nie.

Maar wanneer Moeder Natuur soveel uur op glibberige teer ’n mortieraanval op jou loods en jou met stomsterk ­wind bombardeer, moet die kar eintlik sy sit en staan ken.

En ek moet sê die Micra het die hele ordeal met grasie weggery.

Ek het nie eenkeer gevoel dat ek of die noob, en veral die klein hatchie, ooit buite beheer was nie, maak nie saak wat Moeder na ons kant toe gegooi het nie.

So, daai storms was eintlik die regte manier om die kar te toets.

Die tagline vir die dag was “#unexpectit”.

En unexpected it was. In terme van die Micra. Maar grootliks in terme van die storms en hoe hy dit hanteer het.

PS: Dit is nie ’n properse Rev Counter road test nie.

Dit kom sommer gou-gou later.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters