12 dae gelede
Merc 'n ware wenner
Merc AMG
Die C43 AMG.  ~ Albert Bakkes

PARTYKEER, net partykeer, you must go large. Or go home.

En met large bedoel ek ook nie noodwendig die size van die eintlike toetskar nie.

Die Mercedes C-Class is after all ’n compact saloon/rep mobile.

En dit het ook nie die grootste enjin nie. Daar skuil maar net ’n 3-liter V6 twin-turbo petrol unit onder die bonnet.

Maar, en hier is sommer ’n very large maar ...

Dis ’n AMG edition.

Die C43 AMG om presies te wees.

En al wil Mercedes vir jou vertel die AMG staan vir “Aufrecht, Melcher and Großaspach”, soos ek al lank gelede gesê het, hulle praat stront.

Sien, elke keer as jy in ’n AMG edition klim en die loud pedal trap, skreeu jy (en in die meeste gevalle die kar ook) “ach mein gott!!!”

En al is die C43 die baby in die range as jy dink aan daai 5.5-liter- V8-monsters in die line-up, moet jy baie, baie mooi dink wie jy “baby” noem.

Want daai V6 sal steeds jou gat skop, trust my.

Veral in Sport+, vir die brawes tussen ons.

Want daar is 287 kW krag en 520 Nm torque on tap.

En selfs sonder ’n launch control function/-knoppie knip jy twee keer jou oë en jy clock 100 km/h in net 4.7 sekondes. Dis Porsche territory, dié.

Geheim

En as jy uithaal en wys in die twisties saam met jou dogter daar in die Swartland (waar, is my geheim), dan laat die 4MATIC setup (wat krag gee na ál vier 18-duimers) die kar meer grip as babakak aan ’n wolkombers.

Maar hier is die geheim: Waar sekere karre met allerhande 4-wheel/all-wheel drive setups baie keer sterile en uninvolved voel en nie so lekker communi­cate met die drywer nie, het die setup ’n 31/69% rear bias.

So, hy bestuur soos ’n tradisionele sporty Germaan, hellish enjin voor, ’n lot krag na die wiele agter.

En luister maar na die klank vanaf die quad mortar pipes agter, veral as jy die dag besluit om die manual option te vat en die 9-speed te shift met daai chunky shifters agter die racing steering wheel. Dan is daar so ’n lusty V6 howl agter jou gat, amper asof iemand ’n trop demone losgelaat het wat jou jaag.

En, oh my soul, daai shifters! Yskoud op die hand, want dis metaal, en dit het so ’n meaty THUNK! elke keer wanneer jy op of af shift. Jy kan die hele dag redline as jy wil.

Maar hoekom verkies ek dan die C43 eerder as die C63 (om nou oop kaarte te speel)?

C43 AMG
Die C43 AMG het 'n 3-liter V6 twin-turbo petrol unit onder die bonnet.

Wel, never mind die price, daai beast C63 het die vermoë om in ’n stadium jou gesig te probeer afvreet. ’n Raving beast met ’n skuimbek as jy nie mooi weet wat jy doen nie.

’n Invasion of Vikings op pad om te pillage en plunder.

Die C43 kom egter soos ’n ninja in die nag en steel jou hart.

Dis nie ’n one trick shouty shouty pony nie, maar ’n stealth fighter, wat wel honde laat huil en kinders uit hulle prams laat val, maar jy hoef dit nie heeldag en aldag te doen nie.

Kyk, ek is mal oor die over the top batshit insane V8’s, maar vir ’n meer leefbare, sub­tiele, sublime en absolute sexy sedan (die C43) sal jy sommer baie ver moet gaan soek.

Ag, en ek het nog nie eens gesels oor die completely updated cockpit nie.

Understated en subtiel, met tot mood lighting wat jy kan stel om by jou mood te pas, en sober panelling en leer afwerking en stitching oral, rond die verstommende prentjie mooi af.

Ach mein gott! I want one.

Albert se Rev Counter is ’n verstommende 9 uit 10.

Dis baie beslis ’n kar met ’n siel.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters