3 maande gelede
Merc het ook sy swak oomblikke
staatmaker: Die updated Datsun Go bied my nog altyd baie meer gemoedsrus as enige van sy familielede.Foto’s ALBERT BAKKES  ~ 

SO, TOE vlieg hulle­ my vroeg verlede Vrydag op noorde toe.

Dis nou om die updated Datsun Go te gaan toets­bestuur.

En ek kan eerlikwaar sê beter bang vir jou bucks en algemene rygenot, daarvoor gaan jy ver moet loop soek. (Lees die volledige padtoets hiernaas).

Nie eens ’n ou antie met ’n rammelkas van ’n Corolla wat in ons vasgery het, kon my dag spoil nie.

En boonop het ek vir Vrou gesien en kon ek my “seun”, Luke – wat ’n reusagtige Great Dane is – omhels.

So, dit was met ’n seer hart dat ek Maandagoggend van Lanseria gevlieg het.

’n Bloedrooi Mercedes X-Class-bakkie het darem in die parking vir my gestaan en gluur nadat ek geland het.

So, ek het met ’n ietwat ligter gemoed in die bakkie gespring en die start/stop-knoppie gedruk.

Vir die eerste 2 km op pad huis toe het alles goed gegaan ...

Maar ewe skielik begin die Mercedes vir my beep. Aanhoudend.

Ek soek en soek watter knoppie ek moet druk om die gekerm af te switch, maar vergeefs.

En toe flash die screen vir my (nogal in mooi rooi): “Key not detected.”

Ek dog: Maar die ding lê dan mooi in die cupholder langs my elmboog.

Anyway, ek ry toe maar soos ’n trapsuutjies huis toe, my ligter gemoed in sy moer.

By die huis durf ek die bakkie nie afswitch nie, coz why netnou start die ding nie weer nie.

Hoop

So, ek park daai bakkie waarna ek so uitgesien het moedeloos voor my garage, stap eers om die ding met ’n ciggie in die bek vir die nerves, en wag maar ’n rukkie dat die blinde woede moet bedaar.

Ek hoop heeltyd dis dalk net ’n once-off geval, want dis dan ’n Merc, of hoe?

Ek meen, Mercs is so duur, onder meer omdat hulle so propvol tech is en daarop aanspraak maak dat hulle, wel, die beste brand op aarde is. Of hoe?

En toe try ek maar weer met die keyless entry key om die ding oop te sluit... En dit werk toe.

So, weer met ’n effe ligter gemoed klim ek toe maar in en druk weer die start/stop-knoppie.

En vir ’n breukdeel van ’n sekonde was everything all right in my world ...

Maar toe begin die ding weer vir my skree en dit flash weer vir my “Key not detected”.

Toe bel ek maar my agent wat so nice was om die bakkie vir my uit te boek. (Terloops, dié probleem was glad nie die agentskap se skuld nie.)

Ek ry toe al skreeuend – ja, ek het naderhand uit frustrasie saam met die bakkie begin skreeu, én uit vrees, want wanneer gaan die enjin vrek? – Century City Mercedes toe.

En die mense is so nice daar dat ek met ’n ander nuwe X-Class wegry.

Middel

Maar wat my blind van woede gemaak het, was die volgende: Dat –

(a) so iets in die eerste plek met ’n sogenaamde lux brand gebeur.

Ek meen, dis die duurste bakkie in die land en wat doen ’n mens wanneer die ding in die middel van no­where vir jou begin skreeu, al is dit net ’n software-probleem?

(b) die veel goedkoper Datsun Go jou groter gemoedsrus bied.

(c) die twee – en dis die ironie van ironieë – eintlik verlangs familie is, want Datsun is ’n budget vleuel van Nissan.

En as niemand dit nog vir jou gesê het nie, die X-Class-bakkie is kompleet geskoei op die uitstekende Nissan Navara-bakkie.

Net een verskilletjie: Geen – baie goedkoper – Nissan Navara het ooit op my geskreeu of ’n rooi waar­skuwing geflash nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters