2 maande gelede
Meds en bestuur resep vir ’n ramp
ou kansvatter: Moenie griepmedisyne gebruik as jy weet jy gaan agter die stuurwiel van jou kar inskuif nie. Foto: npr.org  ~ 

NOGAL ietsie van ’n ander aard volg nou.

Ons is nou mos in die middel van die hoes-en-proes-seisoen.

En baie van ons gaan maar werk toe, al is ons half siek. (Eintlik nie baie regverdig teenoor ons kollegas wat nog nie aangesteek is nie).

Gevaarlik

En om ons te staal vir wat daar voorlê, sluk ons maar ’n dosis griepmedisyne.

Nou, dis orrait as jy met openbare vervoer werk toe ry, maar nie as jy bestuur nie.

Want wanneer ’n mens op meds is en bestuur, is jy so gevaarlik soos ’n unguided missile.

MasterDrive se MD, Eugene Herbert sê dis omdat daai meds jou vaak maak.

Die meeste van ons weet van dié waarskuwing op die label: “This medication might cause drowsiness”.

Tog besef baie van ons nie die risiko daarvan om dit sommer enige tyd te gebruik nie.

Kyk, ’n mens is reeds moeg weens die griep, en nou is jy nóg traer weens die meds.

Jy is nou dalk boonop naar en duiselig. Dis mos ’n resep vir ’n ef-op.

Ongelukkig

En terloops, navorsing het gewys dat as jy bestuur terwyl jy moeg is, dit net so erg is as dronkbestuur.

So, sluk daai meds maar af eers wanneer jy by die werk is.

Ongelukkig vir diegene wat bestuur vir ’n lewe (koeriers ens.) is dit nie so eenvoudig nie.

Herbert sê daai arme drommels moet óf tuis bly óf werk sonder meds.

Hy maan hulle base om te besef watter risiko’s hulle drugged drywers inhou – risiko’s vir hulself én die maatskappy.

Herbert meen maatskappye behoort ’n duidelike beleid oor legal drugs en bestuur te hê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters