Verlede jaar
Mazda mx-5 ‘het ’n siel’
asemrowend: Die Mazda MX-5. Nou weet ek weer hoekom dit die best-selling sports car van alle tye is.  ~ 
asemrowend: Die Mazda MX-5. Nou weet ek weer hoekom dit die best-selling sports car van alle tye is.
perfeksie: En komaan, kyk net na daai classic lyne!
rocking it: Bare bones. Soos dit hoort.
gereed: Vat hom deur die twisties van Contermanskloof. I know you want to. Foto’s: albert bakkes
old school: Hy is old school. Ook soos dit hoort.
daai lyne! Drop die top gerus vir daai wind in the hair feeling.
super-modern: Ja, ál die tech is hier. Maar dit neem nie weg van die hele organic gevoel nie.

EK WEET nie waarvoor die M staan nie.

(Miskien, jou Ma?)

Ek weet nie waarvoor die X staan nie. (Miskien, seX?)

En ook nie waarvoor die 5 staan nie. (Want dié kar is definitief nie 5 op my Rev Counter nie.

Ontmoet die Mazda MX-5 drop top two- seater.

Mazda sê, and I quote: “Mazda MX-5 takes the roadster experience to a whole new level.”

En vir die eerste keer in ’n lang tyd is dit nie PR bullsh*t van ’n car company nie. Maar hy moet eintlik nie “new level” gebruik nie.

Eintlik old level. Want die kar is só eenvoudig in sy doel dat dit werklik old school is.

Drop die top (in net 20 sekondes as ek reg ge-time het) en jy hoor die growwe geroggel van die naturally aspirated SKYACTIV 2 liter-petrol-enjin deur daai twee uitlaatpype.

Rammel-rammel-rammel, amper asof hy mis.

Terloops, good to go vir 118 kW teen 6 000 revs en ’n max torque van 200 Nm teen 4 600.

En deur die twisties is daar hope scuttle shake, altyd ’n bugbear vir drop tops. Maar f*kk*t, ek gee nie om nie. Die ding is meer fun as ’n Japanse porn film.

As jy na bogenoemde syfers kyk, gaan jy dink die ding is maar ’n sh*t box. Nope. Dis hoe hy die twisties hanteer. Jou kop én gulp zip sommer oop van plesier.

Want daai figures wys iets anders ook. Kyk na die rev-syfers. Dit meen dat die dash time van net 7.3 sekondes al in derde gebeur.

En teen die top end van 213 km/h howl daai enjin behoorlik.

En die SKYACTIV suspension setup (met ’n slip diff) en die front-engined rear wheel drive setup maak dié roadster so sekuur met daai point and squirt steering dat elke dial-in soos ’n epic experience voel, élke keer. Ek het nie een keer verveeld gevoel nie.

Die 17 duim-wiele help ook natuurlik. Want jy kan (relatief) veilig tail happy raak.

Natuurlik met die Sport button diep ingedruk.

Daar is ’n speelsgeid rondom die kar. Hy wil getrap word.

Case in point:

Op Contermanskloof was daar ’n serious piece of kit wat oor en oor op en af verby my MX-5 gery het terwyl ek die photo shoot langs die pad gedoen het – in die vorm van ’n skreeugeel Audi R8 V10 Spyder.

Daar was ’n smile op daai driver se dial – elke keer. Nou, ek weet nie of die smile neerbuigend was omdat ek in die ou dingetjie gery het en hy in daai monster nie. Of omdat hy net plesier gekry het omdat hy in daai monster was en my nie eens gesien het nie.

Maar ná die derde keer toe druk ek maar die starter button diep in, sowel as die Sport button. En toe floor ek dit. En toe ek eers op die Audi se gat afkom en by hom bly deur die twisties (met my dak af), dink ek daai driver se smile het verdwyn.

Want by die kruising aan die onderkant van die twisties het hy vinnig links gedraai toe hy sien ek gaan regs.

Die Mazda is nie next level soos die R8 nie. Hy is meer eenvoudig ... meer van ’n throwback.

Met ál die tech, soos ’n sat nav/connectivity/infotainment setup met sy eie screen, speakers en safety features oral en leer, voel hy steeds soos ’n properse sportskar circa 1967. Bare bones.

Hy connect met jou. Soos dit hoort. Die ding het ’n siel.

  • Albert se Rev Counter: ’n Zoom Zoom 11 uit 10.

Die best-selling sports car of all time. Nou weet ek weer hoekom ... En hy is joune virR442 000. Peanuts vir wat jy kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters