Verlede maand
Maklike SUV-bakkie
nuut? Die mu-X is Isuzu se take op die hele bakkie-based SUV. Foto’s albert bakkes  ~ 
nuut? Die mu-X is Isuzu se take op die hele bakkie-based SUV. Foto’s albert bakkes
Kwaad: Die aggressiewe neus sluit ook daai LED daytime running lights in as standaard.
channel: Moenie skrik as jy dink jy sien ’n Chev Trailblazer nie.
maak sin: Daar is ’n rede vir daai groot gat. Terloops, jy het ’n reverse camera-lens hier wat handig te pas kom.
handig: Die dicky seats­ slaan uit die boot floor op.
seven seater: Ek kon myself inwurm by die dicky seats.
standaard: En natuurlik is daar leer oral.
tech: Daai screen met die sat nav/infotainment/connectivity combo werk baie goed en is standaard.
ingesluit: Die cabin het al die mod cons wat jy aan kan dink.
Eenvoudig: Die deployment van die dicky seats en die access daarna is die maklikste in die SUV-bakkie-klas.

SOOS ek op die voorblad sê, is ek nou nie eintlik ’n fan van die hele SUV craze nie.

Ja, mense sê dit is ruim, kan enige plek ry (in teorie natuurlik), is veilig, bestuur gemaklik en is hoog genoeg dat jy alles maklik sien. En daar is nog ’n hele paar ander pluspunte.

Maar as jy mooi daaraan dink, vat 90% van eienaars die goed nooit bos toe nie. En as jy mooi daaraan dink is die grotes ’n bietjie van ’n f*kk*p in die stad. Net te lomp, net te lui, net eenvoudig heeltemal te groot.

En dis mos in die stad waar die meeste van die SUV-kudde wei, of hoe?

Ontmoet die Isuzu mu-X, die company se take op die hele plak-’n-dak-op-die-bakkie-se-gat-en-moer-meer-sitplekke-agter-in”-ding.

Toe ek die ding die eerste keer onder hande geneem het, het my oë op skrefies getrek. Ek het onmiddellik gedink die ding channel mos sy eie dearly departed Chev Trailblazer, of hoe?

But wait, there’s more!

Die Trailblazer (onthou Chev het ’n paar jaar gelede onttrek) was mos eintlik ’n bak op ’n Isuzu KB chassis, as ek reg onthou. So, dinge maak eintlik op ’n funny manier sin.

Isuzu het mos juis aangebly en die hele General Motors plant oorgevat en hy moet produkte vrystel om die business model sin te gee.

Maar Trailblazer ofte not, ek het gesug en ’n paar lelike woorde geprewel toe ek kliek dis my toetskar vir die week. SUV en al daai, nè ...

Kom ons praat eers syfers: Daar’s ’n 3 F-, viersilinder-turbodieselenjin onder daai tamaai bonnet.

Dis good to go vir 130 kW krag en 380 Nm torque vir hope en hope low-down grunt, tesame met ’n sesspoed- auto shifter.

Terloops, jy het ’n 4x2- en 4x4-model. Myne was ’n 4x2.

Daai 4x4-nommer het Isuzu se terrain command system, waar jy on the fly 2-high, 4-high en 4-low met die draai van ’n knoppie kan kies.

Dis al relatief lank in die tand, maar dit werk, en if it ain’t broke, why fix it?

Die hele ding rus op 18 duimers en het ’n goeie ground clearance van 23 cm.

Maar hoe ry hy? Wel, soos ’n bakkie, natuurlik. Daar is so ’n power surge as jy wegtrek, waar die box die first gear hou voordat dit cog. Daarna is die box relatief smooth.

Nadat ek gewoond geraak het aan die (amper legendariese) Isuzu diesel-clatter, het ek eintlik die ou ding begin geniet.

En hier kom die wiele miskien af van my hele argument teen SUV’s.

Eerstens is dit ’n handsome old beast in sy pearly white baadjie. Daai LED daytime running lights en die tamaai grill maak ’n baie macho prentjie voor.

En binne? Wel, ’n pluspunt is dat hy miskien een van die maklikste SUV-bakkies in die klas is om te bestuur. Dis vanweë sy (rustige) enjin gekoppel aan die (ewe rustige) box en sy meaty steering, dalk?

Daar is akkers en akkers leather binne. Voor het jy ’n uitstekende connectivity/sat nav/infotainment system met sy eie 9” touch screen as standaard, nogal met ’n reverse camera (wat jy beslis nodig het, want die gat is tamaai).

Die tamaai gat bring my ook by die ding se paartie trick – die dicky seats wat uit die boot opslaan.

Anders as met so baie ander SUV’s wat dieselfde system gebruik, is die deployment van die seats so maklik dat jy dit met een hand en met die pluk van ’n lussie doen. Nie drie hande en die geduld van Job nie.

En ek kon my ses voet lange lyf daar inskuif.

En dan is daar ook seperate air con vir die mense agter in die fish bowl. Die prentjie word afgerond deur ’n hele alfabet soup van safety fea­tures en ’n hele army air bags.

In short: Sal ek een koop vir R570 000? Nope, dis ’n SUV.

Maar as ek in die mark was vir ’n SUV?

Maklik.

  • Albert se Rev Counter: Dis my secretly-like-ek-’n-SUV 7 uit 10.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters