Verlede maand
Mahindra is rats
nuut: My Mahindra KUV100 NXT K6+ petrol beïndruk.Foto’s corne strydom  ~ 
agro: Die kar het ’n aggressiewe stance.
belig: Hy het ’n ruim binneruim, met groot vensters.
’n breeze: Dis ’n plesier om dié Mahindra op die langpad te bestuur.
nuut: My Mahindra KUV100 NXT K6+ petrol beïndruk.Foto’s corne strydom

MAN, is dit nou lekker om jou nuwe kar te gaan optel!

Dit is ’n Mahindra KUV100 NXT K6+ (twilight grey) en is petrolaangedrewe. Dit is ook in ’n diesel­enjin beskikbaar.

Die model is in Junie in Suid-Afrika bekend gestel.

Ek het dit aan die begin van die maand gaan trek by Mahindra Goodwood en hy het net 4 kilo’s op die klok gehad!

Die motortjie het lekker features.

Hy het ’n 1,2 F-enjin en loop soos ’n droom, reg vir 61 kW krag teen 5 500 r/min en 115 Nm torque.

Maar omdat die kar so lig en rats is, is dit genoeg.

Ek het dit die naweek getoets op die langpad na Worcester, deur Villiersdorp en Caledon en terug Kaap toe en hy’t hom goed gedra.

Daar is ’n ruim kajuit met groot vensters en verstelbare driver en passenger seats.

Daar is baie safe­ty fea­tures, soos twee air bags voor, ABS, EBD (electronic brake force distribution) en CBC (corner braking control) as standaard.

En vir so ’n klein karretjie is daar nice to haves, soos follow-me-home lights en liggies aan die onderkant van die deure wat op al die poele skyn waarin jy miskien kan trap.

Dié Mahindra het ook Eco mode.

By robots of waar ook al jy stilstaan, switch die enjin af en met die trap van die clutch dan skakel dit weer aan.

Dit is om petrol te bespaar.

Hy dui ook op die klein skermpie aan hoeveel kilo’s jy nog kan gaan met die petrol wat currently in jou tenk is.

Op 5,9 F kry jy 100 km en dis damn goed.

Die radio kan operate word met USB, Bluetooth of aux cable.

Ek kan nie wag vir die volgende avontuur op die pad nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters