20 dae gelede
KYK: Mahindra dra Indiese titel

OP LAUNCH het daai 2.something­ ure agter die stuur van die nuwe Mahindra XUV300 (spreek dit asseblief as three double oh uit, vra Mahindra) crossdresser my regtig impress.

Dit was ligjare voor enige iets uit Indië (en ook van die brand self) in terme van design language, die hope nice to haves, die perceived build quality, die dynamics.

Ek het ook verlede week gesê, as die Indiërs só aangaan, kan ons net nóg ’n emerging Asian Tiger verwag in terme van karre (soos gebeur het met die Japannese en die Koreane).

Maar hoe was dit om ’n hele week met die Double Oh te leef?

Wel, nogal ’n revelation. In terme van die algemene design language van die top of the range W8 1.5-liter turbodiesel het tot my ma gesê dis nogal striking.

En daai old lady het oor die jare nogal ’n oog ontwikkel vir my toetskarre. Kyk net die “floating roof” design agter met die partially blacked out C-pillars. En die striking day-time LED running lights voor en die LED gatligte agter. En wat van die diamond cut bling wiele?

En weg is ál die verskriklike bling silwer en chrome trim wat baie Mahindras sulke “dear lord, it’s blinding my eyes!” goed gemaak het (en steeds maak).

Dis ’n eenvoudige uitleg en mense het my selfs gevra wat die ding is.

Die 1.5-liter turbodiesel 4-pot is good to go vir 85 kW krag en ’n class leading 300 Nm torque in die crossdresser segment.

En dit maak vir goeie low-down grunt op daai ordentlike 180 mm ground clearance­.

Terloops, die diesel klink ook nie heeltemal soos ’n Indiese trekker nie. Nogal heel refined, want dis gekoppel aan ’n heel werkbare sesspoed manual box wat nie gesukkel het om in en uit die gates te kom nie.

Maar nou vir die Wow! factor. Die binnekant is toegegooi met nice to haves. In dié segment het ek werklik nog nooit so iets beleef sonder om my crossdresser met ’n klomp duisend rand op te spec nie.

En sekere spec in dié Indiër is nie eens beskikbaar by ander brands in die segment nie.

Soos die function wat jou waarsku op die screen voor die bestuurder tussen die twee dials waar die posisie van jou voorwiele is.

Of soos die function waarmee jy met die druk van ’n knoppie op die drop down dash die “steering feel” kan verander.

En dan is daar die 7-inch touch screen wat jou satnav/connecti­vity/infotainment/Android Auto/Apple Carplay combo insluit ... Jy kan tot jou smart watch integrate!

O, en moenie vergeet van USB ports nie. Of cruise control en ander controls op jou meaty stuurwiel nie.

Veiligheid? Sewe airbags, disk brakes voor en agter, stability con­trol en natuurlik ABS en EBD.

Toeslaan

Niggles? Ek het glad nie van daai wit leer- en cream-afwerking orals gehou nie. Dit wys die vuil te vinnig in dié ou landjie van ons. En die boot space is te klein as jy in dié segment speel.

Maar miskien is dit omdat jy ’n full size spare en ’n properse jack en tools onder die boot floor het.

En die model wat ek gery het, het ook nie privacy glass agter gehad nie. Ook ’n móét in ons land. En dan was daar die boot lid wat (net partykeer) nie heeltemal wou toeslaan nie.

Maar overall verstaan ek hoekom Mahindra ons die tweede land gemaak het (naas Indië) om die Double Oh in los te laat. Indië noem ons after all sy second home.

Indië (en ek) weet dis ’n verstommende accomplished pakket.

 Albert se Rev Counter: ’n Double Oh 7 (and a half) uit 10. ’n Game changer in wording?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters