3 maande gelede
Macan is uit effe ander mould
is dit? Die updated Porsche Macan. But is it a Porsche? .  ~ 

ONTMOET die updated Porsche Macan.

Die baby Porsche, om presies te wees. Nie noodwendig in size nie, want hy is after all net onder 4,7 m lank, net oor 1,9 m wyd en net oor 1,6 m hoog.

Nee, hy is die baby wat die prys betref: ver onder ’n bar.

En wanneer laas het ’n Porsche jou nié laat dink “sekerlik ver oor ’n miljoen bokke” nie?

Daar is nie die tradisio­nele flat four- of flat six-enjin onder die bonnet nie.

Hardegat

Dit het ’n meer konvensionele 2F-turbo-petrolenjin met vier silinders in die tradisionele layout wat ’n mens in ’n Audi Q5 of VW Golf GTI kry. (Terloops, Porsche, Audi, Bentley, Bugatti, Lamborghini, SEAT, Škoda en Volkswagen is almal in een kooi).

Die enjin in die “gewone” Macan is good to go om 185 kW skop en 370Nm torque­ te lewer.

In die real world bied dit ’n dash time van 6,7 sek. en ’n top end van 227 km/h.

Wat Porsche betref, is dié syfers glad nie earth-shattering nie. In die Macan S sal dit bigger & better wees, maar ons het net die gewone Macan getoets.

So, dié een is in ’n effens ander Porsche mould gegiet.

Ek moes dus noodwendig dié hardegat vraag vra: Is dit ’n ware Porsche wat ’n mens in die stal sal vind of ’n lui montering van odd onderdele (insluitend die enjin)?

Kom ons kyk eers na die suspension setup en brieke.

Voor is ’n fully in­dependent, double wishbone suspension en agter is ’n self-tracking, trapezoidal-link suspen­sion.

Die brieke knyp vented discs voor en agter. Voor is four-piston, aluminium mono­bloc calipers en agter is single-piston combination floating calipers.

Op papier klink dit dus nes ’n Porsche.

So, wat dan van die driveline setup?

Dit het natuurlik Porsche Traction Management (PTM). Dit sluit in ’n ak­tiewe, all-wheel drive, elektronies beheerde, map-controlled, multi-plate clutch, automatic limited-slip diff (ABD) en traction-slip con­trol (ASR).

Dís gekoppel aan ’n automatic transmission bestaande uit ’n 7-speed Porsche Doppelkupplungsgetriebe (PDK) box met shift controls op die stuurwiel.

Porsche, reg? Maar wat van die steering?

Dit is ’n power-assisted, elektromeganiese setup met ABS en Porsche Stability Management (PSM).

So, dis als nog Porsche, of hoe?

Maar dan is dit crunch time wanneer die gawe mense van Porsche jou in die Bolandse bergpasse loslaat in hulle baby.

Eers bestuur jou co-pilot­, en hy doen sy uiterste bes om die Macan (en jou) te laat unsettle in die lang sweepers van die gladde Helshoogtepas.

Magtige

Maar ondanks die geskreeu van die 18-inchers, vreet die Macan alles op wat na hom gegooi word, en hy bied jou ’n ongelooflike gladde ride, al doen jou maag flip-flops in jou keel.

So, is dit ’n Porsche? Check.

En dan vat jy oor vir die magtige Franschhoekpas, net om die eerste deel een van ’n streep karre agter ’n stadige lorrie te wees.

Maar dan dun jy die trop uit ... Jy maak eers seker daar’s geen aankomende verkeer nie, en dan trap jy net die load pedal in die vloer. Jy hoef nie eens af te gear met die shifter nie.

En siedaar, die hope grunt maak voertuie so twee-twee baie gou baie klein in die spieëltjie.

So, het Porsche ’n paartie trick? Check.

En wat van die straights voordat jy baie skielik op die fenomenale brieke moet staan? Kom ek stel dit so: Ek moes eintlik in die tronk gewees het.

Die versnelling 0-160 km/h is 17,1 sek. en in-gear-versnelling 80-120 km/h is 4,8 sek.

Dan het ek nog nie eens van die baby Cayenne looks, tipiese Porsche cabin layout of build quality gepraat nie.

So, ja, dit ís ’n Porsche, en hy kos dieselfde as ’n BMW X4, ja, maar net sonder die Beemer se wallowy, crashy ride.

Albert se Rev Counter: Vir ’n legend-in-its-own-lifetime bestseller 9 uit 10.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters