2 maande gelede
Lys van SA se beste 12 bekend
GOED: Die Hyundai Kona is eintlik ’n skitterende cross-dresser waaroor ek al geskryf het.  ~ 

DIS weer sulke tyd. Die SA Guild of Motoring Journalists het dié week die finalists vir 2019 se AutoTrader SA Car of the Year aangekondig.

En ek is so bly ek was nie ’n lid van die jury wat die 12 finalists moes toets nie, want daar was ’n moerse eclectic mix.

Skandale

Op die lys is enige iets van ’n piepklein rock climber met die hart van ’n leeu, run of the mill SUV/cross-dressers, tot lux nommers wat eintlik sportkarre is.

Een manufacturer het sommer twee op die lys gehad (en met baie goeie rede).

Maar ek was darem gelukkig om die goed in die vlees te sien.

Terloops, die laaste jare was die SA Guild of Motoring Journalists so ’n bietjie in skandale gedompel.

Daar was enige iets van aantygings van rassisme tot sy keuse van ’n wenner.

Porsche het byvoorbeeld vir ’n paar jaar koning gekraai, wat mense rooi laat sien het.

Maar AutoTrader het as die main sponsor ingespring en daar word gehoop dat hy so ’n bietjie skoongemaak het.

Anyway, baie sien die lys van finalists nog as die bench mark in die land en manufacturers wil dit graag haal.

Baie manufacturers gebruik ook die lys as ’n marketing tool, want Joe Soap sien dit as ’n prestigious ding.

Die lys kan ook as ’n barometer beskou word, wat kar- en sales trends bepaal.

En op dié jaar se lys vir SA Car of the Year is daar ’n duidelike trend na kleiner en goedkoper.

Hier is die lys:

Alfa Romeo Stelvio, Honda Civic Type R, Hyundai Kona, Lexus ES, Mercedes-Benz A-Class, Mitsubishi Pajero Sport, Nissan Micra, Porsche Cayenne, Renault Duster, Suzuki Jimny, Suzuki Swift, en die Volvo XC40. Maar laat die prentjies hulle eie storie vertel ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters